101955 Benoe
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Lincoln Lab Socorro |
Datum | 11 Sept 1999 |
Alternatiewe name | 1999 RQ36 |
Kleinplaneet-kategorie | Apollo-asteroïde[1] |
Etimologie | Benoe (Egiptiese mitologie) |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog 2455562.5 (1-Jan-'11) | |
Afelium | 1.35588768770(4) AE |
Perihelium | 0,89689436(2) AE |
Halwe lengteas | 1,126391025934(11) AE |
Wentelperiode | 1,20 jr. |
Gem. omwentelingspoed | km/s |
Gem. anomalie | 101.703948(3) ° |
Baanhelling | 6.034939(3) ° |
Lengteligging van stygende nodus | 2.060867(4) ° |
Periheliumhoek | 66.223068(6) ° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 0,492 km |
Gem. digtheid | 1,26 [g/cm3] |
Rotasieperiode | 4,297 uur[1] |
Absolute magnitude | 20,19[1] |
101955 Benoe (internasionale naam: 101955 Bennu; voorlopige naam: 1999 RQ36) is 'n koolstofryke asteroïed in die Apollogroep wat op 11 September 1999 deur die LINEAR-projek ontdek is. Dit is 'n moontlik gevaarlike voorwerp met die hoogste kumulatiewe gevaarsyfer op die Palermo Technical Impact Hazard Scale.[2]
Dit het 'n kumulatiewe kans van een uit 1 750 om die Aarde tussen 2178 en 2290 te tref, met die grootste risiko op 24 September 2182.[3][4] Dit is genoem na Benoe, die mitologiese voël van antieke Egipte wat met die Son, skepping en hergeboorte verbind is.
101955 Benoe het 'n gemiddelde deursnee van 490 m en is die eerste keer deeglik ondersoek deur die Arecibo-sterrewag en die Goldstone-diepruimtenetwerk.[5][6][7]
Benoe was die teiken van die OSIRIS-REx-sending wat monsters van die asteroïed na die Aarde teruggebring het.[8][9][10] Die ruimtetuig, wat in September 2016 gelanseer is, het twee jaar later by die asteroïed aangekom en sy oppervlak deeglik gekarteer, terwyl dit moontlike gebiede gesoek het waar monsters geneem kon word.[11] 'n Ontleding van sy wentelbaan het meegebring dat Benoe se massa en die verspreiding daarvan bepaal kon word.[12]
In Oktober 2020 het OSIRIS-REx vir 'n kort rukkie geland en 'n monster van die oppervlak geneem.[13] 'n Kapsule met die monster het na die Aarde teruggekeer en in September 2023 geland. Die verspreiding en ontleding van die monster duur voort.[14]
Fisiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Benoe het 'n rofweg ovaal vorm en lyk soos 'n draaitol. Sy draaias hel teen 'n hoek van 178 grade teenoor sy wentelbaan. Die rotasierigting om sy as is retrograad met betrekking tot sy wentelbaan.[5] Terwyl die aanvanklike grondgebaseerde radarwaarnemings aangedui het dat Benoe 'n taamlik gladde vorm het, met een prominente rots van 10-20 m breed op sy oppervlak,[15] het hoëresolusiedata van OSIRIS-REx onthul die oppervlak is veel rowwer, met meer as 200 rotse met 'n deursnee van meer as 10 m op sy oppervlak. Die grootste een het 'n deursnee van 58 m.[5]
Daar is 'n groot rif al met Benoe se ewenaar langs. Dit dui daarop dat fyn regolietdeeltjies in dié gebied opgehoop het, moontlik vanweë sy klein swaartekrag en vinnige rotasie (omtrent een keer elke 4,3 uur).[15] Waarnemings deur OSIRIS-REx het gewys Benoe tol mettertyd al hoe vinniger.[16] Weens die onegalige uitstuur van termiese straling van sy oppervlak af terwyl Benoe in die sonlig roteer, neem die liggaam se rotasieperiode af met omtrent 'n sekonde elke 100 jaar.[16]
Volgens waarnemings deur die Spitzer-ruimteteleskoop in 2007 het Benoe 'n deursnee van 484±10 m, wat met ander studies ooreenstem. Dit het 'n lae sigbare geometriese albedo van 0,046±0,005.
Astrometriese waarnemings tussen 1999 en 2013 het getoon die liggaam word deur die Jarkofski-effek beïnvloed, en dit veroorsaak dat die halwe lengteas van sy wentelbaan gemiddeld 284±1,5 meter per jaar skuif. Ontledings van die swaartekrag- en termiese effekte dui aan die digtheid is 1 190±13 kg/m3, wat net effens digter as water is. Daarom is die voorspelde makroporositeit 40±10%, wat waarskynlik is omdat die binnekant 'n stapelstruktuur het of selfs hol is.[17]
Benoe se geraamde massa is sowat 7,329±0,009×1010 kg.[5]
Fotometrie en polarimetrie
[wysig | wysig bron]Fotometriese waarnemings van Benoe in 2005 toon 'n sinodiese rotasieperiode van 4,2905±0,0065 uur. Dit word geklassifiseer as 'n B-tipe, wat 'n onderkategorie van 'n koolstofryke asteroïed is.
Polarimetriese waarnemings wys Benoe behoort tot die seldsame F-subklas van koolstofryke asteroïede, wat gewoonlik met komeetagtige eienskappe verbind word.[18]
Water
[wysig | wysig bron]Volgens Dante Lauretta,[19] OSIRIS-REx se hoofondersoeker, "lyk dit of Benoe 'n baie waterryke teiken is, en water is die interessantste en dalk die voordeligste produk wat 'n mens op 'n asteroïed kan myn".[20][21] Voorlopige spektroskopiese opnames van die asteroïed se oppervlak deur OSIRIS-REx het magnetiet en die meteoriet-asteroïed-verbintenis bespeur,[22][23] wat oorheers word deur fillosilikate.[24] Fillosilikate bevat water.[25]
Benoe se waterspektrums was met OSIRIS-REx se nadering al bespeurbaar,[23][26] en is bevestig toe dit in 'n wentelbaan was.[27] Uit die tuig se waarnemings is 'n raming van sowat 7 x 108 kg water in een vorm alleenlik gedoen, sonder inagneming van ander soorte. Dit dui op holtes met water onder Benoe se regoliet.
Aktiwiteit
[wysig | wysig bron]Benoe is 'n aktiewe asteroïed,[28] wat sporadies pluime deeltjies[29][30] en klippe tot so groot as 10 cm breed wegskiet (deeltjies groter as stof, wat as tiene mikrometers groot gedefinieer word).[31] Die hipotese is dat die verskynsel kan gebeur venweë termiese breking, die vrystelling van vlugtige stowwe deur die dehidrasie van fillosilikate, holtes met water onder die oppervlak[32] en/of botsings teen meteoroïede.[33]
Voor die aankoms van OSIRIS-REx het Benoe polarisasie getoon wat ooreenstem met dié van komeet Hale-Bopp en 3200 Phaethon, 'n rotskomeet.[18] Benoe, Phaethon en onaktiewe Manx-komete[34] is voorbeelde van aktiewe asteroïede.[35][36][37] As die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) besluit om 'n dubbele status aan Benoe toe te ken, sal sy komeetnaam P/1999 RQ36 (LINEAR) wees.[38]
Oppervlakverskynsels
[wysig | wysig bron]Alle geologiese verskynsels op Benoe is genoem na voëls van verskeie spesies en voëlagtige mitologiese figure.[40] Die eerste verskynsels wat name gekry het, was die finale vier kandidate vir die neem van monsters deur OSIRIS-REx. Hulle het in Augustus 2019 nieamptelike name gekry.[41] Op 6 Maart 2020 het die IAU die eerste amptelike name bekend gemaak vir 12 van Benoe se oppervlakverskynsels, insluitende streke (breë geografiese streke), kraters, riwwe, slote en rotse.[42]
Ontledings het gewys die deeltjies wat Benoe se buitekant uitmaak, is los gepak en net liggies aan mekaar verbind: "Die ruimtetuig sou tot binne-in Benoe gesak het as dit nie sy korreksievuurpyle gebruik het om dadelik terug te trek nadat dit stof en rotse van die oppervlak verwyder het nie."[43] Ontledings het ook gewys die Son se hitte breek rotse op Benoe in net 10 000 tot 100 000 jaar op en nie miljoene jare soos voorheen geglo is nie.[44]
Kandidaatterreine vir monsters
[wysig | wysig bron]Naam | Ligging | Beskrywing |
---|---|---|
Nightingale | 56°N 43°O | Vol fyn materiaal in 'n groot verskeidenheid kleure. Primêre monsterterrein.[45] |
Kingfisher | 11°N 56°O | 'n Relatief nuwe krater met die meeste waterinhoud van die vier terreine. |
Osprey | 11°N 80°O | Geleë op 'n deel met 'n lae albedo en 'n groot verskeidenheid rotse.[45] |
Sandpiper | 47°S 322°O | Geleë tusen twee jong kraters, op 'n rowwe terrein. Minerale verskil in helderheid, met tekens van gehidreerde minerale. |
Op 12 Desember 2019, ná 'n jaar van die kartering van Benoe se oppervlak, is 'n teikenterrein aangekondig met die naam Nightingale. Die gebied lê naby Benoe se noordpool en in 'n klein krater binne 'n groter krater.[45]
Verskynsels met IAU-name
[wysig | wysig bron]Naam | Genoem na | Ligging |
---|---|---|
Aellopus Saxum | Aillo, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is | 25.44°N 335.67°O |
Aetos Saxum | Aitos, 'n speelmaat uit die god Zeus se kinderjare wat in 'n voël verander is, uit die Griekse mitologie | 3.46°N 150.36°O |
Amihan Saxum | Amihan, 'n voëlgod uit die Filippynse mitologie | 17.96°S 256.51°O |
Benben Saxum | Benben, antieke Egipte se oerheuwel wat uit die oerwaters verrys het | 45.86°S 127.59°O |
Boobrie Saxum | Boobrie, 'n vormveranderende entiteit uit die Skotse mitologie wat dikwels die vorm van 'n reusewatervoël aanneem | 48.08°N 214.28°O |
Camulatz Saxum | Camulatz, een van vier voëls in die volk K'iche' se skeppingsmite (Maja-mitologie) | 10.26°S 259.65°O |
Celaeno Saxum | Kelaino, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is | 18.42°N 335.23°O |
Ciinkwia Saxum | Ciinkwia, donderwesens uit die Amerikaanse Algonkin-volk se mitologie wat soos reusearende lyk | 4.97°S 249.47°O |
Dodo Saxum | Dodo, 'n dodo-voëlkarakter uit Alice se avonture in Wonderland | 32.68°S 64.42°O |
Gamayun Saxum | Gamajoen, 'n profetiese voël uit die Slawiese mitologie | 9.86°N 105.45°O |
Gargoyle Saxum | 'n Suierfiguur, 'n draakagtige figuur met vlerke | 4.59°N 92.48°O |
Gullinkambi Saxum | Gullinkambi, 'n haan uit die Noorse mitologie wat in Walhalla woon | 18.53°N 17.96°O |
Huginn Saxum | Huginn, een van twee rawe wat die god Odin in die Noorse mitologie vergesel | 29.77°S 43.25°O |
Kongamato Saxum | Kongamato, 'n reusagtige vlieënde wese uit die Kaonde-mitologie | 5.03°N 66.31°O |
Muninn Saxum | Muninn, een van twee rawe wat die god Odin in die Noorse mitologie vergesel | 29.34°S 48.68°O |
Ocypete Saxum | Okupeto, een van die Harpy-susters uit die Griekse mitologie wat halfvoël en halfvrou is | 25.09°N 328.25°O |
Odette Saxum | Odette, 'n prinses wat in 'n swaan verander (Swanemeer) | 44.86°S 291.08°O |
Odile Saxum | Odile, die swart swaan van Swanemeer | 42.74°S 294.08°O |
Pouakai Saxum | Poukai, 'n monsteragtige voël uit die Maori-mitologie | 40.45°S 166.75°O |
Roc Saxum | Roc, 'n reuseroofvoël uit die Arabiese mitologie | 23.46°S 25.36°O |
Simurgh Saxum | Simurgh, 'n welwillende voël wat oor alle kennis beskik uit die Iranse mitologie | 25.32°S 4.05°O |
Strix Saxum | Strix, 'n voël van slagte geluk uit die Klassieke mitologie | 13.40°N 88.26°O |
Thorondor Saxum | Thorondor, koning van die arende in Tolkien se Middle-earth | 47.94°S 45.10°O |
Tlanuwa Regio | Tlanuwa, reusevoëls uit die Cherokee-mitologie | 37.86°S 261.70°O |
Oorsprong en evolusie
[wysig | wysig bron]Die koolstofagtige materiaal waaruit Benoe saamgestel is, het oorspronklik gekom van die opbreking van 'n veel groter moederliggaam – 'n planetoïed of 'n protoplaneet. Maar soos byna alle materie in die Sonnestelsel is die oorsprong van sy minerale en atome sterwende sterre soos rooireuse en supernovas.[47] Volgens die akkresieteorie het dié materiaal 4,5 miljard jaar gelede saamgekoek tydens die vorming van die Sonnestelsel.
Benoe se basiese mineralogie en chemiese aard sou in die eerste 10 miljoen jaar van die Sonnestelsel se vorming gevestig gewees het, toe die koolstofryke materiaal geologiese verhitting en chemiese transformasie in komplekser minerale ondergaan het in 'n veel groter planetoïed of 'n protoplaneet met die nodige druk, hitte en hidrasie (indien nodig).[15] Benoe het moontlik in die binneste asteroïedgordel ontstaan as 'n fragment van 'n groter liggaam met 'n deursnee van 100 km.[48] Volgens simulasies is daar 'n kans van 70% dat dit van die Polana-familie kom en 30% dat dit van die Eulalia-familie kom.[49] Impaktors op rotse van Benoe dui daarop dat Benoe 1-2,5 miljoen jaar 'n nabyaardevoorwerp was (afgesonder van die asterïedgordel).[50]
Eindelik het die wentelbaan geskuif as gevolg van die Jarkofski-effek en wentelresonansies met die reuseplanete, soos Jupiter en Saturnus. Verskeie interaksies met die planete saam met die Jarkofski-effek het die asteroïed verander: moontlik sy tolling, vorm en oppervlakverskynsels.[51]
Cellino et al. het 'n moontlike komeetagtige oosprong vir Benoe voorgestel, geskoei op ooreenkomste van sy spektroskopiese eienskappe met dié van bekende komete. Die geraamde deel van komete onder die nabyaardevoorwerpe is 8±5 %.[18] Dit sluit die rotskomeet 3200 Phaethon in, wat as 'n asteroïed ontdek is en steeds 'n asteroïednaam het.[52][53]
Wentelbaan
[wysig | wysig bron]Benoe wentel elke 1,19 jaar (435 dae) om die Son.[54] Om en by 23 tot 25 September kom dit tot sowat 480 000 km (0,0032 AE) van die Aarde af. Op 22 September 1999 het Benoe 0,0147 AE van die Aarde af verbybeweeg en ses jaar later, op 20 September 2005, sowat 0,033 AE.[1] Die volgende nabyverbyvlug van minder as 0,04 AE sal op 30 September 2054 en daarna 23 September 2060 wees, wat die wentelbaan effens sal versteur.
Tussen die nabyverbyvlugte van 1999 en 2060 sal die Aarde 61 wentelbane voltooi en Benoe 51. 'n Selfs nader verbyvlug sal op 25 September 2135 wees: omtrent 0,0014 AE.[1] In die 75 jaar tussen 2060 en 2135 sal Benoe 64 wentelbane voltooi, wat beteken sy wentelperiode sou verkort het tot 427 dae.[55] Die Aarde se nadering van 2135 sal die wentelperiode tot sowat 452 dae verleng.[55]
Voor die verbyvlug van 2135 sal Benoe op 27 November 2045 op sy maksimum afstand van die Aarde wees: sowat 2,34 AE.[56]
Moontlike botsing met die Aarde
[wysig | wysig bron]'n Asteroïed met 'n deursnee van 500 m kan na verwagting gemiddeld elke 130 000 jaar of so met die Aarde bots.[57] 'n Dinamiese studie van 2010 deur die wiskundige Andrea Milani en medewerkers het agt moontlike botsings van Benoe met die Aarde tussen 2169 en 2199 voorspel. Die kumulatiewe moontlikheid van 'n botsing hang af van Benoe se fisiese eienskappe, wat toe nie goed bekend was nie, maar is bevind om nie 0,071% vir al agt moontlike botsings te oorskry nie.[58] Die skrywers erken dat 'n akkurate raming van 'n botsing 'n gedetaillerde vormmodel sal vereis, asook bykomende waarnemings (óf grondgebaseer óf van 'n ruimtetuig wat Benoe besoek) om die omvang en rigting van die Jarkofski-effek te bepaal.
Die publikasie van die vormmodel en van astrometrie wat gebaseer is op radarwaarnemings wat in 1999, 2005 en 2011 verkry is,[59] het 'n verbeterde raming van die Jarkofski-versnelling en 'n hersiene raming van die moontlikheid van 'n botsing moontlik gemaak. In 2014 was die beste raming van die moontlikheid van 'n botsing 'n kumulatiewe moontlikheid van 0,037% in die tydperk van 2175 tot 2196.[60] Dit stem ooreen met 'n kumulatiewe syfer op die Palermo Technical Impact Hazard Scale van -1,71.
As 'n botsing wel sal plaasvind, sal die verwagte kinetiese energie van die botsing 1 200 megaton in TNT-ekwivalent wees. (In vergelyking was die TNT-ekwivalent van Tsaar Bomba, die kragtigste kernwapen wat nog getoets is, sowat 54 megaton.[3] Dié van die Toengoeska-voorval, die energiekste impakvoorval in die aangetekende geskiedenis, is geraam op 3-5 megaton,[61] hoewel 'n ander raming 20-30 megaton is.[62]
Die 2021-wentelbaanoplossing het die virtuele impaktors van die jaar 2200 tot die jaar 2300 verleng en die kumulatiewe Palermo-impakskaal effens opgestoot tot -1,42. Die oplossing het die geraamde swaartekraguitwerking ingesluit van 343 ander asteroïede, wat sowat 90% van die totale massa van die hoofasteroïedgordel uitmaak.[4]
Meteoorreën
[wysig | wysig bron]As 'n aktiewe asteroïed wat naby die Aarde verbybeweeg, kan Benoe die moederliggaam van 'n swak meteoorreën wees. Benoe se deeltjies sal omstreeks 25 September uit die suidelike sterrebeeld Beeldhouer kom.[63] Die meteore sal na verwagting net-net met die oog gesien kan, indien wel, en sal minder as een per uur beloop.[63]
Verkenning
[wysig | wysig bron]OSIRIS-REx
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: OSIRIS-REx.
Die OSIRIS-REx-sending van Nasa se New Frontiers-program is op 8 September 2016 na Benoe gelanseer. Op 3 Desember 2018 het die ruimtetuig by die asteroïed aangekom ná 'n reis van meer as twee jaar.[11] 'n Week later is aangekondig OSIRIS-REx het spektroskopiese bewyse gevind van gehidreerde minerale op Benoe se oppervlak, wat aandui water was aanwesig in Benoe se moederliggaam voordat die asteroïed afgebreek het.[64][5]
Op 20 Oktober 2020 het OSIRIS-REx na die asteroïed afgedaal en daarin geslaag om monsters te neem.[65] Op 7 April 2021 het OSIRIS-REx 'n laaste keer verby Benoe gevlieg en stadig daarvan begin wegdryf.[66] OSIRIS-REx het die monsters in 2023 na die Aarde teruggebring.[67]
Nadat die houer met die monsters oopgemaak is, het wetenskaplikes opgemerk hulle het "swart stof en puin" aan die OSIRIS-REx-houer ontdek. Verdere ondersoeke is aan die gang.[68] Op 13 Desember 2023 is aangekondig organiese molekules en onbekende materiaal is gevind wat nog ondersek moet word om hulle samestelling te bepaal.[69] Op 11 Januarie 2024 het Nasa aangekondig die houer is eindelik ten volle oopgemaak.[70] Die totale massa van die materiaal wat ingesamel is, is 121,6 g, meer as twee keer soveel as wat beplan is.[71]
-
Wentelbane in die Sonnestelsel van 9 Augustus 2016 tot 24 September 2023.
-
OSIRIS-REx se baan om Benoe van 25 Desember 2018 af.
-
OSIRIS-REx se kort landing op Benoe op 20 Oktober 2020.
Monsters
[wysig | wysig bron]Die materiaal wat op Benoe gekry is, is hoofsaaklik baie donker, met weerkaatsingswaardes wat ooreenstem met Benoe se oppervlak, hoewel dit ook helderder deeltjies bevat. Die materiaal wissel van stof tot klippies van 3,5 cm lank.
Mineralogiese ontledings wys die monsters is ryk aan gehidreerde minerale, veral magnesiumryke fillosilikate. Ander komponente wat volop is, sluit in magnetiet, sulfiede, koolstowwe en organiese verbindings. 'n Onverwagte ontdekking was die teenwoordigheid van fosfaatminerale in sommige monsters, insluitende fosfate ryk aan magnesium en natrium.[72]
Die elementsamestelling van die monsters lyk baie soos dié van CI-chondrietmeteoriete. Die isotoopverhoudings verskil egter. Die koolstofinhoud van die monsters is hoër as dié wat in bekende meteoriete gevind is. Daar is tekens dat van die materiaal grootliks onveranderd is sedert die vorming van die Sonnestelsel. Silikonkarbied van voor die Son se vorming is geïdentifiseer.[72]
Sedert 3 November 2023 word 'n deel van die monsters in die Meteorietsaal van die Nasionale Natuurgeskiedenismuseum in Washington, DC uitgestal.[73] Nog 'n deel is van 14 tot 18 Oktober 2024 deur Nasa op die Internasionale Sterrekundekongres in Milaan, Italië, vertoon.[74][75]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "JPL Small-Body Database Browser: 101955 Bennu (1999 RQ36)" (Solution #118: 2020-10-03 last observation. Solution includes non-gravitational parameters). Jet Propulsion Laboratory. 7 Januarie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2018. Besoek op 28 Maart 2021.
- ↑ "Sentry Risk Table". NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2016. Besoek op 20 Maart 2018.
- ↑ 3,0 3,1 "101955 1999 RQ36: Earth Impact Risk Summary". NASA. Jet Propulsion Laboratory. 14 Julie 2021. Besoek op 14 Augustus 2021.
- ↑ 4,0 4,1 Farnocchia, Davide; Chesley, Steven R.; Takahashi, Yu (2021). "Ephemeris and hazard assessment for near-Earth asteroid (101955) Bennu based on OSIRIS-REx data". Icarus. 369: 114594. Bibcode:2021Icar..36914594F. doi:10.1016/j.icarus.2021.114594.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Lauretta, D.S. (19 Maart 2019). "The unexpected surface of asteroid (101955) Bennu". Nature. 568 (7750): 55–60. Bibcode:2019Natur.568...55L. doi:10.1038/s41586-019-1033-6. PMC 6557581. PMID 30890786.
- ↑ "Goldstone Delay-Doppler Images of 1999 RQ36". Asteroid Radar Research. Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2000.
- ↑ Hudson, R.S.; Ostro, S.J.; Benner, L.A.M. (2000). "Recent Delay-Doppler Radar Asteroid Modeling Results: 1999 RQ36 and Craters on Toutatis". Bulletin of the American Astronomical Society. 32: 1001. Bibcode:2000DPS....32.0710H.
- ↑ Corum, Jonathan (8 September 2016). "NASA Launches the Osiris-Rex Spacecraft to Asteroid Bennu". The New York Times. Besoek op 9 September 2016.
- ↑ Chang, Kenneth (8 September 2016). "The Osiris-Rex Spacecraft Begins Chasing an Asteroid". The New York Times. Besoek op 9 September 2016.
- ↑ Brown, Dwayne; Neal-Jones, Nancy (31 Maart 2015). "Release 15-056 – NASA's OSIRIS-REx Mission Passes Critical Milestone". NASA. Besoek op 4 April 2015.
- ↑ 11,0 11,1 Chang, Kenneth (3 Desember 2018). "NASA's Osiris-Rex Arrives at Asteroid Bennu After a Two-Year Journey". The New York Times. Besoek op 12 Februarie 2021.
- ↑ Plait, Phil (4 Desember 2018). "Welcome to Bennu!". SYFY Wire (in Engels). Besoek op 5 Desember 2018.
- ↑ Chang, Kenneth (20 Oktober 2020). "Seeking Solar System's Secrets, NASA's OSIRIS-REX Mission Touches Bennu Asteroid". The New York Times. Besoek op 12 Februarie 2021.
- ↑ Miller, Katrina (24 September 2023). "A NASA Spacecraft Comes Home With an Asteroid Gift for Earth – The seven-year OSIRIS-REX mission ended on Sunday [9/23/2023] with the return of regolith from the asteroid Bennu, which might hold clues about the origens of our solar system and life. + comment". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2023. Besoek op 25 September 2023.
- ↑ 15,0 15,1 15,2 Lauretta, D.S.; Bartels, A.E.; et al. (April 2015). "The OSIRIS-REx target asteroid (101955) Bennu: Constraints on its physical, geological, and dynamical nature from astronomical observations". Meteoritics & Planetary Science. 50 (4): 834–849. Bibcode:2015M&PS...50..834L. CiteSeerX 10.1.1.723.9955. doi:10.1111/maps.12353. S2CID 32777236.
- ↑ 16,0 16,1 16,2 Morton, Erin (19 Maart 2019). "NASA Mission Reveals Asteroid Has Big Surprises". AsteroidMission.org. Besoek op 19 Maart 2019.
- ↑ Scheeres, D.J. (8 Oktober 2020). "Heterogeneous mass distribution of the rubble-pile asteroid (101955) Bennu". Science Advances. 6 (41): eabc3350. Bibcode:2020SciA....6.3350S. doi:10.1126/sciadv.abc3350. PMC 7544499. PMID 33033036.
- ↑ 18,0 18,1 18,2 Hergenrother, Carl W.; Maria Antonietta Barucci; Barnouin, Olivier; Bierhaus, Beau; Binzel, Richard P.; Bottke, William F.; Chesley, Steve; Clark, Ben C.; Clark, Beth E.; Cloutis, Ed; Christian Drouet d'Aubigny; Delbo, Marco; Emery, Josh; Gaskell, Bob; Howell, Ellen; Keller, Lindsay; Kelley, Michael; Marshall, John; Michel, Patrick; Nolan, Michael; Rizk, Bashar; Scheeres, Dan; Takir, Driss; Vokrouhlický, David D.; Beshore, Ed; Lauretta, Dante S. (2018). "Unusual polarimetric properties of (101955) Bennu: similarities with F-class asteroids and cometary bodies". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society: Letters. 481 (1): L49–L53. arXiv:1808.07812. Bibcode:2018MNRAS.481L..49C. doi:10.1093/mnrasl/sly156. S2CID 119226483.
- ↑ Miller, Katrina (22 Maart 2024). "Life After Asteroid Bennu – Dante Lauretta, the planetary scientist who led the OSIRIS-REx mission to retrieve a handful of space dust, discusses his next final frontier". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2024. Besoek op 22 Maart 2024.
- ↑ "NASA's latest asteroid target had a wet and wild history". 10 Desember 2018. Besoek op 19 September 2023.
- ↑ "OSIRIS-REx Arrives at Bennu – 2018 AGU Press Conference". 10 Desember 2018. Besoek op 31 Desember 2020.
- ↑ All About Bennu: A Rubble Pile with a Lot of Surprises. Kimberly M.S. Cartier, EOS Planetary Sciences. 21 March 2019. "In terms of spectra and minerology, Bennu's rocks 'look a lot like the rarest, most fragile meteorites in our collection,' Lauretta said, referring to the CM carbonaceous chondrites"
- ↑ 23,0 23,1 Hamilton, V.E.; Simon, A.A. (2019). "Evidence for widespread hydrated minerals on asteroid (101955) Bennu". Nature Astronomy. 3 (4): 332–340. Bibcode:2019NatAs...3..332H. doi:10.1038/s41550-019-0722-2. hdl:1721.1/124501. PMC 6662227. PMID 31360777.
- ↑ "NASA's Newly Arrived OSIRIS-REx Spacecraft Already Discovers Water on Asteroid". NASA. 11 Desember 2018.
- ↑ Feierberg, M.; Lebofsky, L.; Tholen, D. (1985). "The nature of C-class asteroids from 3u spectrophotometry". Icarus. 63 (2): 191. Bibcode:1985Icar...63..183F. doi:10.1016/0019-1035(85)90002-8.
- ↑ Kaplan, H.; Hamilton, V.; Howell, E.; Anderson, S.; Barrucci, M.; Brucato, J. (2020). "Visible-near infrared spectral indices for mapping mineralogy and chemistry with OSIRIS-REx". Meteoritics & Planetary Science. 55 (4): 744–765. Bibcode:2020M&PS...55..744K. doi:10.1111/maps.13461. S2CID 216247217.
- ↑ (Mar 2020) "Estimated hydration of Bennu's surface from OVIRS observations by the OSIRIS-REx mission" in 51st LPSC..
- ↑ (2019) "OSIRIS-REx sample science and the geology of active asteroid Bennu" in 82nd Meteoritical Society Meeting..
- ↑ "Feb 11, 2019". Besoek op 15 November 2019.
- ↑ Hergenrother, C.; Maleszweski, C.; Nolan, C.; Li, J.; Drouet D'aubigny, C. (19 Maart 2019). "The Operational Environment and Rotational Acceleration of Asteroid (101955) Bennu from OSIRIS-REx Observations". Nature Communications. 10 (1): 1291. Bibcode:2019NatCo..10.1291H. doi:10.1038/s41467-019-09213-x. PMC 6425024. PMID 30890725.
- ↑ "Definitions of terms in meteor astronomy" (PDF). Besoek op 31 Julie 2020.
- ↑ Nuth, III, J.; Abreu, N.; Ferguson, F.; Glavin, D.; Hergenrother, C.; Hill, H.; Johnson, N.; Pajola, M.; Walsh, K. (Desember 2020). "Volatile-rich Asteroids in the Inner Solar System". Planetary Science Journal. 1 (3): 82. Bibcode:2020PSJ.....1...82N. doi:10.3847/PSJ/abc26a.
- ↑ 33,0 33,1 Lauretta, D.S.; Hergenrother, C.W.; Chesley, S.R.; Leonard, J.M.; Pelgrift, J.Y.; et al. (6 Desember 2019). "Episodes of particle ejection from the surface of the active asteroid (101955) Bennu" (PDF). Science. 366 (6470): eaay3544. Bibcode:2019Sci...366.3544L. doi:10.1126/science.aay3544. PMID 31806784. S2CID 208764910..
- ↑ (Sep 2019) "Distinguishing Between Solar System Formation Models with Manxes (or not)" in 2019 EPSC-DPS conference.: 626–2.
- ↑ (2012) "The Asteroid-Comet Continuum: Evidence from Extraterrestrial Samples" in 2012 European Planetary Science Congress..
- ↑ Rickman, H. (2018). Origin and Evolution of Comets: Ten Years after the Nice Model, One Year after Rosetta. Singapore: World Scientific. pp. 162–168. Sec. 4.3 Dormancy and Rejuvenation
- ↑ (Sep 2019) "Asteroid-Comet continuum: no doubt but many questions" in 2019 EPSC-DPS conference.: 202–1.
- ↑ (2019) "Active Asteroids" in 21st NASA Small Bodies Assessment Group..
- ↑ Chang, Kenneth; Stirone, Shannon (19 Maart 2019). "The Asteroid Was Shooting Rocks Into Space. 'Were We Safe in Orbit?' – NASA's Osiris-Rex and Japan's Hayabusa2 spacecraft reached the space rocks they are surveying last year, and scientists from both teams announced early findings on Tuesday (03/19/2019)". The New York Times. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ "Asteroid's Features to be Named After Mythical Birds". 8 Augustus 2019.
- ↑ Davis, Jason (15 Augustus 2019). "OSIRIS-REx Team Picks 4 Candidate Sample Sites on Asteroid Bennu". The Planetary Society. Besoek op 24 Mei 2021.
- ↑ "First Official Names Given to Features on Asteroid Bennu". AsteroidMission.org. NASA. 6 Maart 2020. Besoek op 6 Mei 2020.
- ↑ Shekhtman, Svetlana (6 Julie 2022). "NASA Reveals Surface of Asteroid Bennu is Like Plastic Ball Pit". NASA. Besoek op 4 November 2022.
- ↑ Steigerwald, Bill (30 Junie 2022). "Some Asteroids 'Aged Early' by Sun, NASA Finds". NASA. Besoek op 4 November 2022. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
- ↑ 45,0 45,1 45,2 AsteroidMission.org (2019-12-12). "X Marks the Spot: Sample Site Nightingale Targeted for Touchdown". Persberig. https://www.asteroidmission.org/?latest-news=x-marks-the-spot-nasa-selects-site-for-asteroid-sample-collection. Besoek op 2019-12-28.
- ↑ "Bennu". Gazetteer of Planetary Nomenclature. International Astronomical Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 6 Mei 2020.
- ↑ Bensby, T.; Feltzing, S. (2006). "The origen and chemical evolution of carbon in the Galactic thin and thick discs" (PDF). Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 367 (3): 1181–1193. arXiv:astro-ph/0601130. Bibcode:2006MNRAS.367.1181B. doi:10.1111/j.1365-2966.2006.10037.x. S2CID 7771039.
- ↑ Michel, P.; Ballouz, R.-L.; Barnouin, O.S.; Jutzi, M.; Walsh, K.J.; May, B.H.; Manzoni, C.; Richardson, D.C.; Schwartz, S.R.; Sugita, S.; Watanabe, S. (27 Mei 2020). "Collisional formation of top-shaped asteroids and implications for the origens of Ryugu and Bennu". Nature Communications (in Engels). 11 (1): 2655. Bibcode:2020NatCo..11.2655M. doi:10.1038/s41467-020-16433-z. ISSN 2041-1723. PMC 7253434. PMID 32461569.
- ↑ Bottke, William F. et al. (February 2015), "In search of the source of asteroid (101955) Bennu: Applications of the stochastic YORP model", Icarus 247: 191–217, doi:10.1016/j.icarus.2014.09.046, Bibcode: 2015Icar..247..191B.
- ↑ Ballouz, R.; Walsh, K. J.; Barnouin, O. S.; Lauretta, D. S. (2020). "Bennu's near-Earth lifetime of 1.75 million years inferred from craters on its boulders" (PDF). Nature. 5 (587): 205–209. Bibcode:2020Natur.587..205B. doi:10.1038/s41586-020-2846-z. PMID 33106686. S2CID 225082141.
- ↑ Lauretta, D. S. et al. (April 2015), "The OSIRIS-REx target asteroid (101955) Bennu: Constraints on its physical, geological, and dynamical nature from astronomical observations", Meteoritics & Planetary Science 50 (4): 834–849, doi:10.1111/maps.12353, Bibcode: 2015M&PS...50..834L.
- ↑ Hergenrother, C. (12 Desember 2013). "The Strange Life of Asteroid Phaethon – Source of the Geminid Meteors". Dslauretta: Life on the Asteroid Frontier. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2019. Besoek op 25 Julie 2019.
- ↑ Maltagliati, L. (24 September 2018). "Cometary Bennu?". Nature Astronomy. 2 (10): 761. Bibcode:2018NatAs...2..761M. doi:10.1038/s41550-018-0599-5. S2CID 189930305.
- ↑ "(101955) Bennu = 1999 RQ36 Orbit". Minor Planet Center. Besoek op 21 Maart 2018.
- ↑ 55,0 55,1 "Horizons Bennu Orbital Elements for 2135-Aug-30 and 2135-Sep-30" (PR is orbital period in days). JPL Horizons. Besoek op 19 Augustus 2021.
- ↑ "Horizons Batch for Bennu MaxDistance 2045". JPL Horizons. Besoek op 22 Augustus 2021.
- ↑ Robert Marcus; H. Jay Melosh & Gareth Collins (2010). "Earth Impact Effects Program". Imperial College London / Purdue University. Besoek op 7 Februarie 2013. (solution using density of 2,600 kg/m^3, sped of 17km/s, and impact angle of 45 degrees)
- ↑ Milani, Andrea; Chesley, Steven R.; Sansaturio, Maria Eugenia; Bernardi, Fabrizio; Valsecchi, Giovanni B.; Arratia, Oscar (2009). "Long term impact risk for (101955) 1999 RQ36". Icarus. 203 (2): 460–471. arXiv:0901.3631. Bibcode:2009Icar..203..460M. doi:10.1016/j.icarus.2009.05.029. S2CID 54594575.
- ↑ Nolan, M.C.; Magri, C.; Howell, E.S.; Benner, L.A.M.; Giorgini, J.D.; Hergenrother, C.W.; Hudson, R.S.; Lauretta, D.S.; Margot, J.L.; Ostro, S.J.; Scheeres, D.J. (2013). "Shape model and surface properties of the OSIRIS-REx target Asteroid (101955) Bennu from radar and lightcurve observations". Icarus. 226 (1): 629–640. Bibcode:2013Icar..226..629N. doi:10.1016/j.icarus.2013.05.028. ISSN 0019-1035.
- ↑ Chesley, Steven R.; Farnocchia, Davide; Nolan, Michael C.; Vokrouhlický, David; Chodas, Paul W.; Milani, Andrea; Spoto, Federica; Rozitis, Benjamin; Benner, Lance A.M.; Bottke, William F.; Busch, Michael W.; Emery, Joshua P.; Howell, Ellen S.; Lauretta, Dante S.; Margot, Jean-Luc; Taylor, Patrick A. (2014). "Orbit and bulk density of the OSIRIS-REx target Asteroid (101955) Bennu". Icarus. 235: 5–22. arXiv:1402.5573. Bibcode:2014Icar..235....5C. doi:10.1016/j.icarus.2014.02.020. ISSN 0019-1035. S2CID 30979660.
- ↑ "Sandia supercomputers offer new explanation of Tunguska disaster". Sandia National Laboratories. 17 Desember 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2013. Besoek op 22 Desember 2007.
- ↑ Wheeler, Lorien F.; Mathias, Donovan L. (2019). "Probabilistic assessment of Tunguska-scale asteroid impacts". Icarus. 327: 83–96. Bibcode:2019Icar..327...83W. doi:10.1016/j.icarus.2018.12.017.
- ↑ 63,0 63,1 Ye, Quanzhi (2019). "Prediction of Meteor Activities from (101955) Bennu" (PDF). American Astronomical Society. 3 (3): 56. Bibcode:2019RNAAS...3...56Y. doi:10.3847/2515-5172/ab12e7. S2CID 187247696.
- ↑ Wall, Mike (10 Desember 2018). "Asteroid Bennu Had Water! NASA Probe Makes Tantalizing Find". Space.com. Besoek op 6 Januarie 2019.
- ↑ https://www.pbs.org/wgbh/nova/video/touching-the-asteroid/ "Touching the Asteroid" (video, 54:03 min.)], Nova op PBS, 21 Oktober 2020. Besoek op 20-10-22.
- ↑ "NASA's OSIRIS-REx Completes Final Tour of Asteroid Bennu". NASA. 7 April 2021. Besoek op 10 Mei 2021.
- ↑ "NASA to Launch New Science Mission to Asteroid in 2016". NASA. 25 Mei 2011. Besoek op 21 Mei 2013.
- ↑ Chang, Kenneth (11 Oktober 2023). "NASA Unveils First Glimpse of 'Scientific Treasure' Collected From Asteroid – Scientists said they got more material than expected from the Osiris-Rex mission during its seven-year journey to the asteroid Bennu". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2023. Besoek op 12 Oktober 2023.
- ↑ Kuthunur, Sharmila (13 Desember 2023). "'What is that material?': Potentially hazardous asteroid Bennu stumps scientists with its odd makeup – Scientists found signs of organic molecules in the first samples of potentially hazardous asteroid Bennu, as well as a 'head scratching' material that has yet to be identified". LiveScience. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2023. Besoek op 13 Desember 2023.
- ↑ Barry, Rachel Ann (11 Januarie 2024). "NASA's OSIRIS-REx Team Clears Hurdle to Access Remaining Bennu Sample". OSIRIS-REx Mission. NASA.
- ↑ Rabie, Passant (15 Februarie 2024). "We Finally Know How Much of That Asteroid OSIRIS-REx Grabbed in Space – Engineers struggled to open the sample canister for months, but it was all worth it for twice the amount of asteroid they thought they were getting". Gizmodo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2024. Besoek op 16 Februarie 2024.
- ↑ 72,0 72,1 72,2 Lauretta, Dante S.; et al. (26 Junie 2024). "Asteroid (101955) Bennu in the laboratory: Properties of the sample collected by OSIRIS-REx". Meteoritics & Planetary Science. 59 (9): 2453–2486. doi:10.1111/maps.14227.
- ↑ Pearlman, Robert Z. (3 November 2023). "Smithsonian debuts 1st display of asteroid Bennu sample brought back by OSIRIS-REx". space.com. Besoek op 6 November 2023.
- ↑ @NASAExhibit (15 Oktober 2024). "NASA exhibit at IAC 2024 opens with Bennu sample" (Tweet). Besoek op 24 Oktober 2024 – via Twitter.
- ↑ @NASAExhibit (18 Oktober 2024). "NASA invites the general public to view a Bennu sample at their booth for the IAC 2024 public day" (Tweet). Besoek op 24 Oktober 2024 – via Twitter.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Video (2:53) – Oorsig van die Benoe-sending (Nasa; 11 Mei 2021)
- Video (01:12) – Bennu skiet materiaal die ruimte in (CNN; 5 Desember 2019)
- Video (01:32) – OSIRIS REx nader Benoe (Nasa; 7 Januarie 2019)
- Delbo, Marco; Michel, Patrick (2011). "Temperature History and Dynamical Evolution of (101955) 1999 Rq 36: A Potential Target for Sample Return from a Primitive Asteroid". The Astrophysical Journal. 728 (2): L42. Bibcode:2011ApJ...728L..42D. doi:10.1088/2041-8205/728/2/L42.
- Hergenrother, Carl W.; et al. (2012). "Physical Properties of OSIRIS-REx Target Asteroid (101955) 1999 RQ36 derived from Herschel, ESO-VISIR and Spitzer observations". Astronomy & Astrophysics. 548: A36. arXiv:1210.5370. Bibcode:2012A&A...548A..36M. doi:10.1051/0004-6361/201220066. S2CID 55689658.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 101955 Benoe.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.