Content-Length: 137774 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Baltimore

Baltimore - Wikipedia Gaan na inhoud

Baltimore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Baltimore


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Stigting 17de eeu
 Deelstaat Maryland
 Bynaam Charm City
 Oppervlakte:  
 - Totaal 238,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 585 708
 - Bevolkingsdigtheid 2 526/vk km
 Etniese groepe:  
 - Swart 64,34%
 - Wit 31,63%
 - Asiate 1,53%
 Tydsone EST (UTC-5)
 - Somertyd EST (UTC-4)
 Burgemeester (party) Bernard C. «Jack»
Young (D)
 Amptelike webwerf Baltimore (en)

Baltimore is die grootste stad in die ooste van die Verenigde State van Amerika in die deelstaat van Maryland en is ongeveer 56 km noordoos van Washington D.C.. Die stad is geleë by die monding van die Patapscorivier in Chesapeakebaai. Die stad het 'n bevolking van 585 708 in 2020 gehad. Die hawe van Baltimore is een van die bedrywigstes in die VSA.[1]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste persone het hulle in 1729 hier gevestig toe die nedersetting gevorm is en is vernoem na Charles Calvert, die 5de Graaf Baltimore. Op daardie stadium was graaf Baltimore die goewerneur van Maryland. Die dorp het floreer as 'n hawestad en het in 1799 stadstatus verwerf. Gedurende die Amerikaanse Rewolusie het die Kontinentale Kongres uit Philadelphia gevlug en hulle vergaderings in Baltimore gehou. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Baltimore die kant van die Gekonfedereerde State gekies.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 3, Bladsy 532.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Musea









ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Baltimore

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy