Carl Meissner
Carl Meissner botanikus | |
Volledige naam | Carl Daniel Friedrich Meissner |
---|---|
Gebore | 1 November 1800 |
Oorlede | 2 Mei 1874 (op 73) |
Geboorteland | Switserland |
Bekend van | Polygonaceae, Proteaceae |
Standaardafkorting | Meisn. |
Die aangeduide standaardafkorting kan gebruik word by die aanhaling van 'n botaniese naam gepubliseer deur Carl Meissner. In die Index Kewensis is 'n lys te vinde van deur hierdie persoon (mede-)gepubliseerde name | |
Carl Daniel Friedrich Meissner (1 November 1800 – 2 Mei 1874) was 'n Switserse botanikus.
Biografie
[wysig | wysig bron]Hy is gebore in Bern, Switserland op 1 November 1800. Hy is as Meisner gedoop, maar het later die spelling van sy van na Meissner verander. Vir die grootste deel van sy loopbaan van 40 jaar was hy professor in plantkunde aan die Universiteit van Basel. Hy het belangrike bydraes tot die botaniese literatuur gelewer, insluitend die publikasie van die omvattende werk Plantarum Vascularum Genera en publikasies van monografieë oor die families Polygonaceae (veral die genus Polygonum), Lauraceae, Proteaceae, Thymelaeaceae en Hernandiaceae. Sy bydraes tot die beskrywing van die Australiese flora was produktief; hy het honderde spesies Australiese Proteaceae beskryf en baie Australiese spesies uit ander families, veral Fabaceae, Mimosaceae en Myrtaceae. Sy gesondheid het ná 1866 verswak, en hy was minder aktief. Hy is op 2 Mei 1874 in Basel oorlede.
Die standaard skrywerafkorting Meisn. word gebruik om Carl Meissner as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Hall, Norman (1984). Botanists of Australian Acacias. Australia: CSIRO. ISBN 0-643-03734-9.