Cutty Sark
Die Cutty Sark was een van die laaste groot teeklippers wat in 1869 in Skotland vir die Willis & Sons-redery gebou is om Chinese tee van die nuutste seisoen binne die kortste tyd na Engeland te vervoer.[1] Sy het bekendheid verwerf vir die wedywering met die Thermopylae, om in die jaarlikse wedvaart van rederye éérste uit China terug in Londen te kom met 'n vrag tee. Cutty Sark het danksy sy die gesofistikeerde vorm van haar romp en haar groot seiloppervlakte 'n topspoed van meer as 17 knope bereik.
Teen die 1870's het die einde aangebreek vir seilskepe, aangesien stoombote hul rol oorgeneem het. Vanaf dié tyd het die Cutty Sark wol tussen Londen en Australië vervoer. Sy het die afstand in 'n tyd van 69 dae afgelê en alle daaropvolgende reise op één na binne 75 tot 80 dae voltooi. Die ander groot klipper, die Thermopylae, kon dit maar één keer in dieselfde tyd doen.
Later het die Cutty Sark bekend geword as 'n handelsnaam vir whisky en diverse seilkompetisies wat na haar vernoem is. In 1938 het die skip sy laaste vaart onderneem om daarna vir goed na Londen terug te keer.
As die enigste oorblywende teeklipper ter wêreld is die Cutty Sark, wat tydens haar dienslewe by feitlik alle groot seehawens aangedoen het, tans aangemeer op 'n droogdok aan die Teemsoewer, nie ver van die Nasionale Seevaartmuseum in Greenwich nie, en staan oop vir die publiek.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cutty Sark.
- (en) "Cutty Sark". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 November 2024.
- Fotogalerye