Content-Length: 251583 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Dertigjarige_Oorlog

Dertigjarige Oorlog - Wikipedia Gaan na inhoud

Dertigjarige Oorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dertigjarige Oorlog
Deel van die Europese godsdienstige oorloë

Die inname van Maagdenburg in 1631.
Datum 1618–1648
Ligging Europa (hoofsaaklik die Heilige Romeinse Ryk)
Resultaat Vrede van Wesfale
Strydende partye
Protestantse lande en Geallieerdes

Swede
Frankryk (vanaf 1635)
Verenigde Provinsies
Denemarke-Noorweë (1625–1629)
Boheme (1618–1620)
Sakse
Rynse Palts
Brandenburg-Pruise
Brunswyk-Lüneburg
Engeland (1625–1630)
Transsilvanië
Hongaarse Anti-Habsburg Rebelle[2]
Zaporozhiese Kossake
Ottomaanse Ryk

Rooms-Katolieke lande en Geallieerdes

Heilige Romeinse Ryk

Spanje
Koninkryk van Hongarye[3]
Koninkryk van Kroasië
Denemarke-Noorweë (1643–1645)

Aanvoerders
Gustav II Adolf (†)

Axel Oxenstierna
Johan Banér
Lennart Torstenson
Gustav Horn
Carl Gustaf Wrangel
Carl X Gustav
Alexander Leslie
Lodewyk XIII
Kardinaal de Richelieu
Marquis de Feuquieres (†)
Lodewik II de Bourbon
Henri de la Tour d'Auvergne
Frederik V
Jindrich Matyas Thurn
Christiaan I
Christiaan IV
Bernhard van Sakse-Weimar
Johann Georg I
Maurice van Nassau
Piet Pieterszoon Hein
William van Nassau
Frederik Hendrik
Maarten Tromp
Ernst Casimir
Hendrik Casimir I
George Villiers
Gabriel Bethlen
Ernst von Mansfeld
Christiaan van Brunswick
Bohdan Khmelnytsky

Filips IV

Gaspar de Guzmán
Gonzalo Fernández de Córdoba
Ambrogio Spinola
Kardinaal-Infante Ferdinand
Gómez Suárez de Figueroa
Fadrique de Toledo
Antonio de Oquendo
Francisco de Melo
Diego Felipez de Guzmán
Albrecht von Wallenstein
Johann Tserclaes (†)
Keiser Ferdinand II
Keiser Ferdinand III
Franz von Mercy (†)
Johann von Werth
Gottfried Heinrich Graf zu Pappenheim
Maksimilian I

Sterkte
Totaal: 661 000
150 000 Swede
50 000 Dene en Noorweërs
75 000 Nederlanders
100-150 000 Duitsers
150 000 Franse
30-40 000 Bohemers
20 000-30 000 Hongaarse Anti-Habsburg Rebelle
6 000 Transsilvaniërs[4]
Totaal: 450 000
300 000 Spanjaarde
100-200 000 Duitsers
± 20 000 Hongaarse en Kroatiese kavallerie[5]
Ongevalle en verliese
8 000 000 met inbegrip van burgerlike slagoffers[6]

Die Dertigjarige Oorlog (1618–1648) was een van die verwoestendste konflikte in Europese geskiedenis. Die oorlog is hoofsaaklik (dog nie uitsluitlik) in Duitsland geveg en het met tye die meeste lande van Europa betrek. Seeoorlogvoering het ook oor die seë gereik en die koloniale vorming van toekomstige nasies beïnvloed.

Die oorsprong van die konflik en die doelwitte van die deelnemers is ingewikkeld en daar kan nie na één spesifieke geval verwys word as die hoofrede vir die oorlog nie. Die oorlog was oorspronklik geveg as 'n godsdienstige konflik tussen Protestante en Katolieke in die Heilige Romeinse Ryk, alhoewel geskille oor die interne politiek en balans van mag binne-in die Ryk ook 'n belangrike rol gespeel het.[7][8] In hierdie fase het die oorlog 'n voortsetting geword van die Bourbon-Habsburg-wedywering vir Europese politieke superioriteit, wat weer gelei het tot verdere oorlogvoering tussen Frankryk en die Habsburg-magte, met minder klem op godsdiens.[9]

Een van die grootste gevolge van die Dertigjarige Oorlog was die uitgebreide verwoesting van algehele streke; tallose gebiede is verweer deur plunderende troepe. Die bevolkings van die Duitse state, die Lae Lande en Italië het aansienlik afgeneem as gevolg van voorvalle van hongersnood en siekte, terwyl vegtende magte bankkrotskap in die gesig gestaar het.

In die 17de eeu was daar van leërs verwag om hul fondse grotendeels te verkry uit buit of huldeblyke (wat afgedwing is in die gebiede waar hulle gestasioneer is). Hierdie metode het 'n soort wetteloosheid aangemoedig, wat 'n swaar las vir inwoners van die beleërde gebiede was. Die Dertigjarige Oorlog is amptelik beëindig met die verdrae van Osnabrück en Münster, as deel van die groter Vrede van Wesfale.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Helmolt, Hans Ferdinand (1903). The World's History: Western Europe to 1800. W. Heinemann. p. 573. ISBN 0-217-96566-0.
  2. (en) "into line with army of Gabriel Bethlen in 1620." Ágnes Várkonyi: Age of the Reforms, Magyar Könyvklub publisher, 1999. ISBN 963-547-070-3
  3. (en) Ervin Liptai: Military history of Hungary, Zrínyi Military Publisher, 1985. ISBN 9633263379
  4. (en) László Markó: The Great Honors of the Hungarian State (A Magyar Állam Főméltóságai), Magyar Könyvklub 2000. ISBN 963-547-085-1
  5. (en) László Markó: The Great Honors of the Hungarian State (A Magyar Állam Főméltóságai), Magyar Könyvklub 2000. ISBN 963-547-085-1
  6. (en) Norman Davies, Europe, bl. 568
  7. (en) "The Thirty-Years-War". Western New England College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 1999. Besoek op 24 Mei 2008.
  8. "::The Thirty Years War 1621 to 1626:" (in Engels). www.historylearningsite.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2015. Besoek op 22 Mei 2008.
  9. "Thirty Years' War" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008. Besoek op 24 Mei 2008.
  10. (en) Richard W. Rahn (21 Desember 2006). "Avoiding a Thirty Years War". The Washington Post. www.discovery.org. Besoek op 25 Mei 2008.








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Dertigjarige_Oorlog

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy