Content-Length: 182709 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Kasaks

Kasaks - Wikipedia Gaan na inhoud

Kasaks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kasakke.
 
Kasaks
қазақша, قازاقشا‎, qazaqsha, [qɑzɑqˈɕɑ] of қазақ тілі, قازاق تئلئ‎, qazaq tili 
Uitspraak: [qɑzɑqˈɕɑ] of [qɑˈzɑq tɪˈlɪ]
Gepraat in: Vlag van Kasakstan Kasakstan
Vlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van Afghanistan Afghanistan
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Iran Iran 
Gebied: Sentraal-Asië
Totale sprekers: 13 miljoen[1]
Taalfamilie: Altaïes
 Turkies
  Kipchak
   Kipchak-Nogay
    Kasaks 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet
Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Kasakstan Kasakstan
Gereguleer deur: Kasakse taalagentskap
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NE Nie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: kk
ISO 639-2: kaz
ISO 639-3: kaz 
Verspreiding van Kasaks

Kasaks (қазақша, قازاقشا‎, qazaqsha, [qɑzɑqˈɕɑ] of қазақ тілі, قازاق تئلئ‎, qazaq tili, [qɑˈzɑq tɪˈlɪ]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 13 miljoen mense in Kasakstan, die Volksrepubliek China, Mongolië, Afghanistan, Tadjikistan, Turkye, Turkmenistan, Oekraïne, Oesbekistan, Rusland en Iran gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies asook die vierde mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans en Oesbekies. Kasaks is die amptelike taal van die Republiek Kasakstan en verwant aan Kirgisies en Karakalpaks.

Etniese kaart van Sentraal-Asië
Kasakse Arabiese en Latynse skrif in 1924

Kasaks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.

Na die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kasaks en Kirgisies het 'n kommissie 'n gemeenskaplike alfabet uitgewerk.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kazakh" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 25 Januarie 2019.
  2. (ru) Президент Турции Гюль в Астане уговаривает Н.Назарбаева перейти на латинский алфавит Geargiveer 3 September 2009 op Wayback Machine

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Kasaks








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Kasaks

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy