Content-Length: 107247 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Laguna_Beach

Laguna Beach - Wikipedia Gaan na inhoud

Laguna Beach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

City of Laguna Beach

Ligging in Kalifornië Wapen
Orange County
 Land Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County Orange County
 Koördinate 33°32′N 117°46′W / 33.533°N 117.767°W / 33.533; -117.767
 Stigting 1887
 Geïnkorporeer op 29 Junie 1927
 Oppervlakte:  
 - Totaal 25,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 22 723
 - Bevolkingsdigtheid 890/vk km
 Tydsone PST (UTC -8)
Somertyd: PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 7-19 / 15-25 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 344 mm
 Burgemeester Bob Whalen
 Amptelike Webwerf Laguna Beach Geargiveer 1 Mei 2012 op Wayback Machine
Een van Laguna Beach se strande saans teen skemertyd. Die nedersetting is gewild by strandlopers en voëlkykers
Een van die strandoord se minder bekende besienswaardighede - 'n Britse rooi telefoonhokkie

Laguna Beach is 'n klein strandoord en kunstenaarskolonie in die suide van die administratiewe distrik Orange County, Kalifornië, Verenigde State, halfpad tussen Los Angeles en San Diego geleë,[1] en sowat 31 kilometer suidwes van Santa Ana, die distrik se setel.

Die stad het sy oorsprong in 'n Mormoonse nedersetting wat in die 1870's aan die Stille Oseaankus gestig is. Die natuurskoon van die omgewing met lang sandstrande wat oor 'n afstand van sewe myl strek, canyons en 'n heuwelreeks, wat langs die kus loop, het van Laguna Beach al in die vroeë 20ste eeu 'n gewilde toeristebestemming en 'n trekpleister vir Kaliforniese landskapskilders gemaak. Die eerste kunstenaar, wat aangetrokke gevoel het tot die Suid-Kaliforniese strandlandskap, was die waterverfskilder Norman St. Clair (1865−1912), 'n boorling van Banbury in die Engelse graafskap Oxfordshire wat hom in die Verenigde State gevestig het en hier as argitek werksaam was.[2] Daarnaas het die nedersetting bekendheid verwerf danksy die musiekkanaal MTV se werklikheids-program Laguna Beach: The Real Orange County wat vanaf 2004 gebeeldsend is.

Vandag lok Laguna Beach, een van die welvarendste nedersettings in die deelstaat, jaarliks drie miljoen besoekers. Sy klein winkelbuurt, wandellane en openbare vervoerstelsel met trems maak van die stad 'n unieke paradys vir voetgangers in Suid-Kalifornië. Danksy die Pageant of the Masters-kunsfees, wat jaarliks in die somer plaasvind, en die Laguna-kunsmuseum, wat hom op Kaliforniese kuns toespits, is Laguna Beach steeds 'n stad van kuns.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Laguna_Beach

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy