Vlag van die Turks- en Caicoseilande
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 7 November 1968[1] |
Ontwerp | ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant. |
Die nasionale vlag van die Turks- en Caicoseilande is op 7 November 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eilandstaat se wapenskild op die wapperkant.
Die drie simbole op die wapenskild van die Turks- en Caicoseilande is ’n kaktus, kreef en ’n nautilusskulp.
Soos baie ander Britse oorsese gebiede was die vorige vlag van die Turks- en Caicoseilande ’n blou Britse vaandel met ’n skyf aan die wapperkant waarop ’n skip en ’n strand was, met die naam van die gebied daaronder. Op die vlag van die Turks- en Caicoseilande was daar ’n man op die strand wat tussen twee hope sout gewerk het.
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Burgerlike vaandel van die Turks- en Caicoseilande
-
Vlag van die Goewerneur van die Turks- en Caicoseilande
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Turks- en Caicoseilande". Flags of the World. Besoek op 19 April 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Turks- en Caicoseilande. |
- (en) Turks- en Caicoseilande by Flags of the World.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |