Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die T20I-wêreldbeker 2022 (Engels: 2022 ICC Men's T20 World Cup) is van 16 Oktober tot 13 November 2022 in Australië beslis. Dit was die agtste T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste in Australië. Oorspronklik sou dié toernooi in 2020 plaasvind, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit deur die Internasionale Krieketraad uitgestel. In Augustus 2020 het die IKR aangekondig dat Australië die 2022-toernooi sou aanbied, terwyl die 2021-toernooi soos oorspronklik beplan in Indië sou plaasvind, maar dit is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Die gasheer Australië was ook die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2021 gewen het. Sedert die 2010-toernooi in Wes-Indië was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat nie in ’n Asiatiese land gehou is nie. Die toernooi se formaat van 2021 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2022 deelgeneem: Die twaalf beste spanne van die vorige toernooi (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe). Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 15 November 2021 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder het en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die vier beste spanne van elke groep in die Super Twaalf – altesaam agt spanne – het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië gekwalifiseer. Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Engeland het Indië geklop, waardeur Engeland en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. Engeland het Pakistan in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met vyf paaltjies verslaan en sodoende ná 2010 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Daarbenewens het Engeland die eerste mansspan geword wat beide die krieketwêreldbeker- en die T20I-wêreldbekertitel op dieselfde tydstip gehou het, aangesien hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019 ook gewen het. Die gasheer en verdedigende wêreldkampioen Australië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel, terwyl die tweemalige wenner Wes-Indië nie die Super Twaalf kon haal nie. Namibië is ná een oorwinning en twee nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Nkosi Sikelel' iAfrika nie net die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied, wat deur Enoch Sontonga gekomponeer is, is ook die volkslied van Tanzanië en Zambië en word ook in Zimbabwe en Namibië gesing. ... dat regeringstroepe in Grenoble in Frankryk op die vooraand van die Franse Rewolusie met dakteëls bestook is? Dit het in 1788 in die sogenaamde "Dae van die Dakteëls" plaasgevind. ... dat sterrestelsels konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel Arp 87, raak soms selfs in botsings betrokke. ... dat Hattie McDaniel die eerste Afro-Amerikaner is wat 'n Oscar gewen het? ... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|