Content-Length: 84019 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Chuquicamata

Chuquicamata - Wikipedia Gaan na inhoud

Chuquicamata

Koördinate: 22°19′1″S 68°55′48″W / 22.31694°S 68.93000°W / -22.31694; -68.93000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

22°19′1″S 68°55′48″W / 22.31694°S 68.93000°W / -22.31694; -68.93000

Die oopgroefmyn.

Chuquicamata ((/tʃuːkiːkəˈmɑːtə/, ook verwys na as Chuqui) is 'n myn in die Atacamawoestyn in die noorde van Chile, net buite Calama, by 2 850 m bo seevlak. Dit is 215 km noordoos van Antofagasta en 1 240 km noord van die land se hoofstad, Santiago.

Dit is die grootste oopgroefkopermyn in die wêreld in terme van uitgedelfde volume en met 'n diepte van 850 m, die tweede grootste oopgroefmyn naas Bingham Canyon Mine in Utah, Verenigde State. Mense het reeds voor die Spanjaarde al hier koper ontgin, maar die huidige myn is sedert 1910 in bedryf en produseer naas koper ook silwer, goud en ander industrieel belangrike metale.

Vlot- en smeltfasiliteite is in 1952 geïnstalleer, en uitbreiding van die raffineringsfasiliteite in 1968 het 500 000 ton jaarlikse koperproduksie in die laat 1970's moontlik gemaak. Die myn was voorheen deel van Anaconda Copper, maar word nou besit en beheer deur Codelco, 'n Chileense staatsonderneming, sedert die Chileense nasionalisering van koper in die laat 1960's en vroeë 1970's.

Die myn produseer tans (2023) 650 000 metriese ton koper per jaar.[1]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Chuquicamata Mine, Chile". USGS.








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Chuquicamata

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy