Content-Length: 173223 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Chinees-Japannese_Oorlog

Tweede Chinees-Japannese Oorlog - Wikipedia Gaan na inhoud

Tweede Chinees-Japannese Oorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tweede Chinees-Japannese Oorlog
Deel van die Pasifiese Oorlog van die Tweede Wêreldoorlog (vanaf 1941)

Japannese troepe marsjeer Shenyang binne tydens die Mukden-insident.
Datum Klein gevegte vanaf 18 September 1931
Volskaalse oorlog: 7 Julie 19379 September 1945
Ligging China, Mianmar
Resultaat
Gebieds-
veranderinge
China herwin die gebiede wat Japan in die verdrag van Sjimonoseki ontvang het
Korea word verdeel tussen Amerikaanse en Sowjetmagte
Strydende partye
Republiek China
met buitelandse ondersteuning
Vlag van Japannese Keiserryk Japan met medewerker- ondersteuning
Aanvoerders
Vlag van Republiek van China Tsjiang Kai-sjek

Chen Cheng
Yan Xishan
Li Zongren
Xue Yue
Bai Chongxi
Wei Lihuang
Du Yuming
Fu Zuoyi
Sun Liren
Mao Zedong
Zhu De
Peng Dehuai
Vlag van Verenigde State van Amerika Joseph Stilwell
Vlag van Verenigde State van Amerika Claire Chennault
Vlag van Sowjetunie Wasili Tsjoeikof

Vlag van Japan Hirohito

Shunroku Hata
Yasuji Okamura
Kan'in Kotohito
Hajime Sugiyama
Toshizō Nishio
Hisaichi Terauchi
Hayao Tada
Iwane Matsui
Yasuhiko Asaka
Seishirō Itagaki
Hideki Tojo
Yoshijirō Umezu
Naozaburo Okabe
Puyi
Demchugdongrub
Wang Jingwei

Sterkte
5 600 000 Chinese
3 600 Sowjets (1937–40)
900 Amerikaanse vliegtuie (1942–45)[1]
4 100 000 Japannese[2]
900 000 Chinese medewerkers[3]
Ongevalle en verliese
Nasionaliste: 1 320 000 gesneuweldes, 1 797 000 gewond, 120 000 vermis en 17 000 000–22 000 000 gesneuwelde siviele[4]
Kommuniste: 500 000 gesneuweld en gewond.
Japannese skatting—insluitend 480 000 totale gesneuwelde
1937–1941: 185 647 gesneuwel, 520 000 gewond en 430 000 siek; 1941–1945: 202 958 gesneuwel; ander 54 000 sterf na die einde van die oorlog.[5]
Kontemporêre VRS-studie: 1 055 000 dood
1 172 200 beseer
Totaal: 2 227 200[6]
Nasionaal-Chinese skatting—1,77 miljoen gesneuweldes, 1,9 miljoen gewond[7]

Die Tweede Chinees-Japannese Oorlog (7 Julie 1937 tot 9 September 1945) was 'n oorlog tussen die Republiek China en die Japannese Keiserryk, beide voor én tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Alhoewel die twee lande reeds sedert 1931 elke nou en dan militêr gebots het, het 'n volskaalse oorlog in 1937 begin en is eers met die oorgawe van Japan in 1945 beëindig. Die oorlog was die gevolg van 'n dekade-lange Japannese imperialistiese beleid wat ten doel gehad het om China beide op politieke en militêre vlak te domineer, asook om toegang tot die land se enorme grondstofbronne en ander bronne te bekom. Terselfdertyd het die groeiende Chinese nasionalisme en idees oor selfbeskikking dié versettingsoorlog onvermydelik gemaak.

Voor 1937 het die twee kante in klein, plaaslike gevegte betrokke geraak, waarna verwys word as "insidente": vir 'n verskeidenheid redes het beide nasies hulself daarvan weerhou om 'n volskaalse oorlog te verklaar. Die 1931 inval van Mantsjoerye deur Japan staan bekend as die "Mukden-" of "Mantsjoerye-insident". Die laaste van hierdie "insidente" was die Marco Polo-brug-insident van 1937, wat die begin van 'n volskaalse oorlog tussen die twee lande ingelei het.

China het van 1937 tot 1941 alleen teen Japan geveg, maar na die aanval op Pearl Harbor het die Tweede Chinees-Japannese Oorlog met die groter konflik van die Tweede Wêreldoorlog saamgesmelt.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Taylor, Jay, The Generalissimo, bl. 645.
  2. Chung Wu Taipei "History of the Sino-Japanese war (1937–1945)" 1972 bl. 535
  3. Jowett, Phillip, Rays of the Rising Sun, bl. 72.
  4. Clodfelter, Michael "Warfare and Armed Conflicts: A Statistical Reference", Vol. 2, bl. 956.
  5. Dower, John "War Without Mercy", bl. 297.
  6. Liu Feng, (2007). "血祭太阳旗: 百万侵华日军亡命实录". Central Compilation and Translation Press. ISBN 978-7-80109-030-0.
  7. Chung Wu Taipei "History of the Sino-Japanese war (1937–1945)" 1972 bl. 565

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Chinees-Japannese_Oorlog

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy