Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Doofheid beskryf die toestand van 'n onvermoë of verminderde vermoë om te hoor, (oftewel ouditiewe inligting waar te neem). Sommige gevalle van gehoorverlies kan met geneeskundige behandeling omgekeer word, maar dit lei meestal na permanente ongeskiktheid. Die voorkoms van totale doofheid in die wêreld is omtrent 0.1% van die bevolking, [1] Geargiveer 25 April 2006 op Wayback Machine maar is waarskynlik hoër in ontwikkelende lande as in ontwikkelde lande as gevolg van die verskil in toegang tot gesondheidsorg. Ten minste 5% van die totale bevolking het 'n mate van doofheid – en die meeste van diegene ontwikkel dit eers wanneer hulle bejaard is. [2] Geargiveer 10 Junie 2010 op Wayback Machine Aan die ander kant, as die gehoorverlies op 'n jong ouderdom voorkom, mag dit die verkryging van gesproke taal en sosiale ontwikkeling vertraag.

Gehoorapparate en kogleêre implanterings kan die probleme van doofheid gedeeltelik verbeter, maar is dikwels nie voldoende nie.

Doofheid is nie beperk tot mense nie, maar kom ook voor onder diere.

Kategorieë van doofheid

wysig

Doofheid kan onderskei word in prelinguale en postlinguale doofheid. ('Lingua' is Latyn vir tong). Die eerste gebeur as die doofheid ontstaan het op 'n ouderdom voordat taalverworwing plaasgevind het, terwyl postlinguale doofheid ontwikkel ná die sesde lewensjaar. Dit is dikwels nie moontlik vir diegene met prelinguale doofheid om te leer praat nie.

Tipes doofheid

wysig
 
Anatomie van die oor

Daar is drie hooftipes doofheid: sensorineurale doofheid, geleidingsdoofheid en 'n kombinasie van die twee.

Sensori-neurale doofheid

wysig

Dit word veroorsaak deur skade aan die binne-oor (die koglea of agtste kraniale senuwee) of ouditiewe breinstam. Dit kan voorts verder onderverdeel word in 'n sensoriese gehoorverlies (binne-oor) of 'n neurale verlies (breinstam).

Geleidingsdoofheid

wysig

Geleidingsdoofheid word veroorsaak deur skade aan die middel- of uitwendige oorsisteem (die uitwendige oorkanaal, die oordrom, of die strukture in die middeloor -– die malleus-, incus- en stapesbeen).

Kombinasie

wysig

'n Gekombineerde doofheid gebeur wanneer beide sensori-neurale en geleidingsoorsake betrokke is.

Oorsake

wysig

Vyf faktore is betrokke: langdurige blootstelling aan omgewingsgeraas, genetiese faktore, siektetoestande wat die oor aantas, substansblootstelling, en fisiese trauma.

Langdurige blootstelling aan omgewingsgeraas

wysig
  • Omgewingsgeraasgeïnduseerde gehoorverlies is die mees algemene oorsaak van sensorineurale doofheid. Die klankintensiteit naby aan lughawens of hoofpaaie is vanaf 65 tot 75 desibels (dB). Mense wat dus naby hieraan woon, ervaar dikwels 'n agteruitgang van hul gehoor. Daar is vroeër gedink dat gehoorverlies 'n normale proses van veroudering is, maar gemeenskappe wat nie aan betekenisvolle omgewingsgeraas blootgestel word nie, beleef nie ouderdomsverwante gehoorverlies nie.
  • Blootstelling aan hoë vlakke van geraas (>70 dB) veroorsaak gehoorverlies. Hoe langer die blootstelling en hoe hoër die dB-vlak, hoe meer gehoorverlies vind plaas. Elektroniese musiekspelers is in staat om vlakke van 115dB te bereik. Dit is 'n skrikwekkende feit, wanneer 'n mens in ag neem dat blootstelling van langer as 2½ uur aan vlakke van hoër as 90 dB permanente doofheid kan veroorsaak. (National Institute for Occupational Safety and Health, 1998)

Geneties

wysig

Doofheid kan oorerflik wees. Beide dominante en resessiewe gene kan die oorsaak wees vir matige tot erge doofheid. Wanneer 'n dominante geen ter sprake is, kan die doofheid oor baie geslagte heen voorkom, aangesien slegs een ouer aangetas hoef te wees.waar door de ontlasting de oor beschadigt

Siektetoestande

wysig

Substansblootstelling

wysig

Fisiese trauma

wysig
  • Direkte trauma aan die ore self, of in die breinareas wat vir die prosessering van die klank verantwoordelik is.
  • Breinbeserings is baie geneig om doofheid of tinnitus te veroorsaak. Dit mag tydelik wees.
  • Blootstelling aan selfs 'n enkele geval van 'n erge luide geluid kan gehoorverlies veroorsaak.

Beroemde aanhalings

wysig
  • "Blindheid sny 'n mens af van goed; doofheid sny 'n mens af van mense." -- Helen Keller
  • "Wat maak doofheid van die oor saak, as die verstand kan hoor. Die een ware doofheid, die ongeneesbare doofheid, is dié van die verstand." -- Victor Hugo
  • "Dowe mense kan enigiets doen, behalwe om te hoor." -- Koning Jordan

Notas

wysig

Vertaal en versmelt vanaf die artikels Hearing impairment en Deaf op die Engelse Wikipedia; en die artikels Doofheid en Slechthorendheid op die Nederlandse Wikipedia.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy