Sadalmelik (ook genoem Alpha Aquarii of α Aqr) is volgens data van die Hipparcos-sending sowat 520 ligjare van die Son af geleë.[2] Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 2,94.[3]

Alpha Aquarii
Sadalmelik se ligging (in die rooi sirkel).
Sadalmelik se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Waterdraer
Bayer-naam Alpha Aquarii
Spektraaltipe G2 Ib[1]
Soort Superreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 22h 05m 47.03593s[2]
Deklinasie −00° 19′ 11.4568″[2]
Skynmagnitude (m) 2,94[3]
B-V-kleurindeks  +0,97[3]
U-B-kleurindeks  +0,699[3]
Besonderhede
Massa (M) 6,5[1]
Radius (R) 77
Ligsterkte (L) 3 000
Ouderdom (jaar) 53 miljoen[1]
Temperatuur (K) 5 210[1]
Ander name
El Melik, Rucbah, Saad el Melik, Sadalmelek, Sadalmelik, Sadlamulk, α Aqr, Alpha Aquarii, Alpha Aqr, 34 Aquarii, 34 Aqr, BD−01 4246, FK5 827, HD 209750, HIP 109074, HR 8414, SAO 145862.[4][5][6][7]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

wysig

Die ster is 53 miljoen jaar oud[1] en het ontwikkel in ’n superreus met ’n sterreklassifikasie van G2 Ib.[1] Sy massa is 6,5 keer dié van die Son,[1] sy radius sowat 77 keer[8] en sy ligsterkte 3 000 keer die Son s’n.[9] Sy oppervlaktemperatuur is sowat 5 210 K.[1] Dit is wat Sadalmelik die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee.[10] Waarnemings deur die Chandra-X-straalsterrewag toon dit straal min X-strale uit in vergelyking met G-tipe hoofreekssterre. Dit is ’n algemene kenmerk van vroeë G-tipe reusesterre.[9]

Sadalmelik het ’n visuele metgesel, 2MASS J22055176-0017468, met ’n skynbare magnitude van sowat 12,2. Dit lê teen ’n hoekskeiding van 110,4 boogsekondes van Sadalmelik, teen ’n posisiehoek van 40°.[6]

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquarii". Die tradisionele naam, "Sadalmelik", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الملك sa‘d al-malik, "geluk van die koning". Die oorsprong van die naam is onbekend.

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadalmelik" vir die ster goedgekeur.[11]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Lyubimkov, Leonid S. et al. (February 2010), "Accurate fundamental parameters for A-, F- and G-type Supergiants in the solar neighbourhood", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 402 (2): 1369–1379, doi:10.1111/j.1365-2966.2009.15979.x, Bibcode2010MNRAS.402.1369L 
  2. 2,0 2,1 2,2 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Cousins, A. W. J. (1984), "Standardization of Broadband Photometry of Equatorial Standards", South African Astronomical Observatory Circulars 8: 59, Bibcode1984SAAOC...8...59C 
  4. HR 8414, database entry, The Bright Star Catalogue, 5th Revised Ed. (Preliminary Version), D. Hoffleit and W. H. Warren, Jr., CDS ID V/50. Accessed on line October 3, 2008.
  5. Sadalmelik – ster in dubbelstelsel, databasisinskrywing, Simbad. Besoek op 3 Oktober 2008.
  6. 6,0 6,1 Inskrywing 22058-0019, The Washington Double Star Catalog, United States Naval Observatory. Besoek op 18 November 2008.
  7. pp. 51, 148, Star-names and Their Meanings, Richard Hinckley Allen, New York: G. E. Stechert, 1899.
  8. Nordgren, Tyler E. et al. (December 1999), "Stellar Angular Diameters of Late-Type Giants and Supergiants Measured with the Navy Prototype Optical Interferometer", The Astronomical Journal 118 (6): 3032–3038, doi:10.1086/301114, Bibcode1999AJ....118.3032N 
  9. 9,0 9,1 Ayres, Thomas R.; Brown, Alexander; Harper, Graham M. (July 2005), "Chandra Observations of Coronal Emission from the Early G Supergiants α and β Aquarii", The Astrophysical Journal 627 (1): L53–L56, doi:10.1086/431977, Bibcode2005ApJ...627L..53A 
  10. "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from the original on 2012-03-10, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16 
  11. "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.

Eksterne skakels

wysig
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy