Content-Length: 151609 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Aardalkalimetaal

Aardalkalimetaal - Wikipedia Gaan na inhoud

Aardalkalimetaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Groep 2
Periode
2 4
Be
3 12
Mg
4 20
Ca
5 38
Sr
6 56
Ba
7 88
Ra

Die aardalkalimetale is die reeks elemente in Groep 2 (IUPAC-nommer) van die periodieke tabel: berillium, magnesium, kalsium, stronsium, barium en radium (wat nie altyd as sulks beskou word nie vanweë hul baie kort halfleeftyd).

Die elemente in die groep stem met mekaar ooreen ten opsigte van hulle elektronkonfigurasie [X]ns2, waar [X] 'n edelgas verteenwoordig. Die twee elektrone in die buitenste s-subskil kan die atoom maklik verlaat en daarom vorm die aardalkalimetale katione met 'n dubbele lading.

M => M2+ + 2 e-

Alle elemente uit die groep is onedele metale en die oksiede is basisse. Die sterkte van die M(OH)2 basis neem toe van bo na onder in die kolom. Die soute los oor die algemeen minder goed op in water as die soute van die alkalimetale, maar die oplosbaarheid is egter oor die algemeen nog redelik goed.

Die aardalkalimetale is silwerkleuringe-, sagte-, lae digtheid metale, wat geredelik met halagene reageer om ioniese soute te vorm. Die elemente reageer ook soos die alkalimetale met water (nie heeltemal so vinnig nie) om sterk alkaliese hidroksiede te vorm.

Die aardalkalimetale kry hulle naam na aanleiding van hulle oksiede, die aardalkali's, waarvan die outydse name berillia, magnesia, kalk, strontia en baryta was. "Aarde" is ’n ou term wat vroeë wetenskaplikes vir niemetaalstowwe gebruik het wat wateronoplosbaar en verhittingsbestand is – eienskappe wat ook hierdie oksiede het. Die besef dat hierdie aardes nie elemente was nie, maar verbindings, word toegeskryf aan die chemikus Antoine Lavoisier. In sy Traité Élémentaire de Chimie (Elemente van Chemie) van 1789 het hy hulle Substances simples salifiables terreuses, of soutvormende aardelemente, genoem. Later het hy voorgestel dat die aardalkali's metaaloksiede kan wees, maar het erken dat dit blote bespiegeling was. In 1808 word Humphry Davy die eerste persoon wat voorbeelde van die metale verkry deur die elektrolise van hulle gesmelte soute.

Ander groepe
Alkalimetale (1)
Aardalkalimetale (2)
Boorgroep (13)
Koolstofgroep (14)
Stikstofgroep (15)
Suurstofgroep (16)
Halogene (17)
Edelgasse (18)
Kopergroep (11)
Sinkgroep (12)
Skandiumgroep (3)
Titaangroep (4)
Vanadiumgroep (5)
Chroomgroep (6)
Mangaangroep (7)
Platinumgroep (8, 9 en 10)

Verwysings

[wysig | wysig bron]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Aardalkalimetaal

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy