Content-Length: 116881 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Bab-el-Mandeb

Bab-el-Mandeb - Wikipedia Gaan na inhoud

Bab-el-Mandeb

Koördinate: 12°35′N 43°20′O / 12.583°N 43.333°O / 12.583; 43.333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bab-el-Mandeb

Nasa-Satellietbeeld van die Bab-el-Mandeb

Ligging van die Bab-el-Mandeb
Koördinate:12°35′N 43°20′O / 12.583°N 43.333°O / 12.583; 43.333
Ligging:Djiboeti, Eritrea, Jemen
Soort:Seestraat van die Indiese Oseaan
Gemiddelde diepte:186 meter (609 voet)
Lengte:130 km (80 myl)
Breedte:40 km (25 myl)
Invloei:Rooisee
Uitvloei:Golf van Aden
Eiland/e:Sawabi-eilande, Doumeira, Perim

Die Bab-el-Mandeb (Arabies: باب المندب; letterlik: "Poort van Trane") is 'n seestraat tussen Jemen op die Arabiese Skiereiland en Djiboeti asook Eritrea aan die Horing van Afrika. Dit verbind die Rooisee met die Golf van Aden. Die Bab-el-Mandeb vorm sedert die opening van die Suezkanaal in 1869 'n belangrike roete tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan en dus tussen Europa en Asië.

Kaart van die Bab-el-Mandeb

Die Bab-el-Mandeb vorm die nouste punt tussen Wes-Asië en Oos-Afrika en word deur die eiland Perim in twee waterweë verdeel. Naby Djiboeti se kus is die onbewoonde Sawabi-eilande geleë. Daar is talle Koraalriwwe in dié seestraat.

'n Maatskappy in besit van Tarek bin Laden, Osama bin Laden se halfbroer, beplan die bou van 'n brug oor die Bab-el-Mandeb, om die streek se ekonomie te bevorder en Oos-Afrikaanse Moslems tydens die hadj 'n beter toegang tot die Islam se heilige plekke in Mekka en Medina te gee. Maar daar word ook vermoed dat vlugtelinge uit Somalië hierdie roete ná Europa sal neem en Al-Kaïda asook die Islamitiese Staat se terroriste Oos-Afrika makliker kan bereik.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bab-el-Mandeb.
  • (en) "Bab el-Mandeb Strait". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 April 2021.








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Bab-el-Mandeb

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy