Barbara Thalheim
Barbara Thalheim (gebore 5 September 1947 in Leipzig) is 'n Duitse sangeres en liedjieskryfster wat haar loopbaan in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) begin het.
Lewe
[wysig | wysig bron]Barbara Thalheim is die dogter van 'n Duitse kommunis wat in 1933 na Afrika en Frankryk geëmigreer het en later aan die NS-bewind se geheime staatspolisie (Gestapo) uitgelewer is. Hy is drie jaar lank in die konsentrasiekamp Dachau geïnterneer en was ná die Tweede Wêreldoorlog in verskeie kulturele instellings in die DDR werksaam.
Barbara Thalheim het 'n opleiding as sangeres in die DDR se Sentrale Ateljee vir Vermaakkuns (Zentralen Studio für Unterhaltungskunst der DDR) en aan die Berlynse Skool vir Musiek «Hanns Eisler» (met Wolfram Heicking as dosent) ontvang. Sy het twee kinders en woon in Berlyn.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Frühling in der Schönhauser / Sie stand auf dem Balkon (met Klaus-Dieter Adomatis), enkelsnit 1971, Amiga
- Lebenslauf, LP 1977, Amiga, Polydor
- Was fang ich mit mir an, LP 1979, Amiga, Polydor
- Und keiner sagt: Ich liebe dich, LP 1982, Amiga
- Die Kinder der Nacht, LP 1985, Amiga
- Ohne Vorschrift leben, LP 1988, Castle Records
- Die Frau vom Mann, LP 1988, Amiga
- Neue Reiche, LP/CD 1990, Deutsche Schallplatten Berlin
- Von der Westlichkeit der Welt, LP/CD 1991, Nebelhorn
- Ende der Märchen, LP/CD 1992, Deutsche Schallplatten Berlin (met die rockgroep Pankow)
- Fremdegehen, CD 1993, Nebelhorn (met Jean Pacalet)
- So lasst uns scheinen, bis wir werden, CD 1995, Nebelhorn
- Abgesang, CD 1995, BMG
- In eigener Sache – Neue Lieder, CD 1998, BMG
- Fière de ma grande gueule, CD 2001, Nebelhorn (met Jean Pacalet)
- Deutsch zu sein..., CD 2003, duo-phon-records (met Jean Pacalet)
- Insel sein, CD 2004, duo-phon-records (met Jean Pacalet)
- Poe & Sie - Rabenverse und Wi(e)derlieder, CD 2006, duo-phon-records
- Immer noch immer, CD 2007, Pläne
- herzverloren, CD 2009, Pläne
- Zwischenspiel, CD 2013, conträr musik
- AltTag, DVD 2015, conträr musik
- voll jährig, DVD 2018
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Media