Filips II van Spanje
Filips II | |
---|---|
Portret van Filips II van Spanje.
| |
Vorstehuis | Habsburg |
Regeer as koning van Neapel | 25 Julie 1554 – 13 September 1598 |
Voorganger | Karel IV |
Opvolger | Filips III |
Regeer as koning van Engeland en Ierland (jure uxoris) | 25 Julie 1554 – 17 November 1558 |
Voorganger | Maria I |
Opvolger | Elizabeth I |
Regeer as koning van Spanje | 16 Januarie 1556 – 13 September 1598 |
Voorganger | Karel I |
Opvolger | Filips III |
Regeer as koning van Portugal en die Algarves | 25 Maart 1581 – 13 September 1598 |
Voorganger | Antonio (omstrede) Hendrik (aanvaar) |
Eggenote | Maria Manuela van Portugal Maria I van Engeland Elizabeth van Frankryk Anna van Oostenryk |
Kinders | Karel, prins van Asturië Isabella Clara Eugenia, aartshertogin van Oostenryky Catherine Michelle, hertogin van Savoje Ferdinand, prins van Asturië Diego, prins van of Asturië Filips III van Spanje |
Vader | Karel V |
Moeder | Isabella van Portugal |
Gebore | 21 Mei 1527 Valladolid, Spanje |
Oorlede | 13 September 1598 (op 71) El Escorial, San Lorenzo de El Escorial, Spanje |
Begrawe | El Escorial, San Lorenzo de El Escorial, Spanje |
Handtekening |
Filips II van Spanje (Valladolid, 21 Mei 1527 - San Lorenzo de El Escorial, 13 September 1598) was die heerser van Kastilië, Aragon (hierdie twee lande vorm die kern van Spanje), Napels, Sisilië, die Habsburgse Nederlande en Portugal. Gedurende sy huwelik met sy tweede eggenoot Maria Tudor van Engeland, was hy ook die koning van Engeland en Ierland, en 'n aanspraakmaker op die Franse troon. Aangesien hy oor verskeie domeine geheers het, het hy 'n groot aantal titels verwerf en gebruik, maar die bekendste daarvan is Filips II, wat na sy Kastiliese koningskap verwys. Hy was die enigste seun van Keiser Karel V en Isabella van Portugal. Hy het vier maal getrou, en het agt kinders gehad.
In Spaans was Filips II bekend as "Filips die Verstandige" (Felipe el Prudente). Hy was die heerser van die grootste koloniale ryk in die 16e eeu, en in 1580 het hy boonop Portugal geannekseer, wat destyds die enigste ander koloniale moondheid was. Hierdeur het hy genoeg geld beskikbaar gehad om die stryd teen die islamitiese Ottomanne voort te sit, en om ook by verskeie Europese godsdienstwiste betrokke te raak. Onder sy bewind bereik Spanje die hoogtepunt van sy mag, en was die land die grootste Europese moondheid. Dit sou egter nie lank voortdeur nie, en deels as gevolg van Filips se leiding kom Spanje naby aan ekonomiese uitputting en kulturele verval in die jare na sy dood. Dit het ernstige gevolge vir Spanje se status as Europese groot moondheid gehad.
Bronne
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Filips II van Spanje. |
- Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Nederlandse weergawe