Grens tussen Suid-Afrika en Namibië
Die Grens tussen Namibië en Suid-Afrika is 1 005 kilometer (624 myl) lank.[1] Dit kronkel langs die Oranjerivier vanaf sy monding by die Atlantiese Oseaan tot by die 20 oosterlengtegraad, en dan pylreguit noordwaarts langs dieselfde lengtegraad tot by die driepunt met Botswana in die Nossobrivier.
Grensposte
[wysig | wysig bron]Daar is sewe amptelike grensposte, met twee wat in oorgrensparke geleë is en slegs deur toeriste gebruik mag word. Noordoewer/Vioolsdrif word algemeen deur verkeer tussen Namibië en Kaapstad gebruik, terwyl Ariamsvlei/Nakop ideaal is vir verkeer na Gauteng en die ooste van Suid-Afrika asook Mosambiek.[2]
Hier is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika (almal in die Noord-Kaap) en Namibië.[3][2]
Grenspos | Naam in Namibië |
Ure oop | Nota's | GPS koördinate |
---|---|---|---|---|
Alexanderbaai | Oranjemund | 06:00–22:00 | Permit benodig vir Sperrgebiet | 28°33′53″S 16°30′13″O / 28.5647°S 16.5036°O |
Nakop | Ariamsvlei | 24 uur | N10 word B3; asook spoorbrug | |
Onseepkans | Velloorsdrift | 08:00–16:30 | ||
Rietfontein | Klein Menasse | 08:00–16:30 | 26°45′23″S 19°59′57″O / 26.7564°S 19.9992°O | |
Sendelingsdrif | Sendelingsdrif | 08:00–16:30 | Slegs vir toeriste aan die ǀAi-ǀAis/Richtersveld-vredespark |
28°07′22″S 16°53′20″O / 28.1227°S 16.8889°O |
Mata-Mata | Twee Rivieren | 07:30–16:30 | Slegs vir toeriste aan die Kgalagadi-vredespark | 25°46′04″S 20°00′00″O / 25.7679°S 20.000°O |
Vioolsdrif | Noordoewer | 24 uur | N7 word B1 | 28°45′56″S 17°37′34″O / 28.7656°S 17.6262°O |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Central Intelligence Agency (2 April 2018). "South Africa" (in Engels). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 14 April 2018.
- ↑ 2,0 2,1 "South African ports of entry" (in Engels). Departement van Binnelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2010. Besoek op 18 Januarie 2021.
- ↑ (af) Die Suid-Afrikaanse Gids – feite en wenke. 2009. Isabel Uys. ISBN 978-1-86919-324-9
Grense van Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
Namibië • Botswana • Zimbabwe • Mosambiek • Eswatini • Lesotho |