Content-Length: 102413 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Shirley_Jackson

Shirley Jackson - Wikipedia Gaan na inhoud

Shirley Jackson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Shirley Hardie Jackson (14 Desember 19168 Augustus 1965) was 'n Amerikaanse skrywer wat hoofsaaklik bekend is vir haar werke van gruwel en misterie. Haar skryfloopbaan het oor twee dekades gestrek, waartydens sy ses romans, twee memoires en meer as 200 kortverhale geskryf het.

Jackson, gebore in San Francisco, Kalifornië, het Syracuse Universiteit in New York bygewoon, waar sy betrokke geraak het by die universiteit se literêre tydskrif en haar toekomstige man Stanley Edgar Hyman ontmoet het.[1] Nadat hulle gegradueer het, het die egpaar na New York verhuis en begin bydra tot The New Yorker, met Jackson as 'n fiksieskrywer en Hyman as 'n bydraer tot "Talk of the Town". Die egpaar het hulle in Noord-Bennington, Vermont, in 1945 gevestig, ná die geboorte van hul eerste kind, toe Hyman by die fakulteit van Bennington College aangesluit het.[2]

Nadat sy haar debuutroman, The Road Through the Wall (1948), 'n semi-outobiografiese weergawe van haar kinderdae in Kalifornië, gepubliseer het, het Jackson aansienlike publieke aandag gekry vir haar kortverhaal "The Lottery", wat die sinistere onderkant van 'n plattelandse Amerikaanse dorpie voorstel. Sy het deur die 1950's voortgegaan om talle kortverhale in literêre joernale en tydskrifte te publiseer, waarvan sommige saamgestel en heruitgegee is in haar 1953-memoir Life Among the Savages. In 1959 het sy The Haunting of Hill House gepubliseer, 'n bonatuurlike gruwelroman wat algemeen beskou word as een van die beste spookverhale wat ooit geskryf is.[3] Jackson se laaste werk, die 1962-roman We Have Always Lived in the Castle, is 'n Gotiese raaisel wat beskryf is as haar meesterstuk.[4]

Teen die 1960's het Jackson se gesondheid aansienlik begin verswak, wat uiteindelik gelei het tot haar dood weens 'n harttoestand in 1965 op die ouderdom van 48.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Heller, Zoë (10 Oktober 2016) [10 Oktober 2016]. "The Haunted Mind of Shirley Jackson". The New Yorker (in Engels (VSA)). ISSN 0028-792X. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2023. Besoek op 2 Augustus 2024.
  2. Zoë, Heller (17 Oktober 2016). "The Haunted Mind of Shirley Jackson". The New Yorker.
  3. The Haunting of Hill House is ingedeel as die 8th "Scariest Novel of All Time" deur horrornovelreviews.com, en in Paste magazine's unsorted "30 Best Horror Books of All Time", het Tyler R. Kane gesê: "As jy volgens die konsensus van die literêre gemeenskap gaan, is Haunting of Hill House nie net 'n boek wat 'n rewolusie in die moderne spookverhaal gemaak het nie - dit is ook die beste."
  4. Heller, Zoë (17 Oktober 2016). "The Haunted Mind of Shirley Jackson". The New Yorker. Besoek op 25 Mei 2020.

Bronne

[wysig | wysig bron]








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Shirley_Jackson

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy