Gaan na inhoud

Andrei Sacharof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Andrei Dmitrijewitsj Sacharof (Russies: Андре́й Дми́триевич Са́харов; 21 Mei 1921 - 14 Desember 1989) was 'n Russiese kernfisikus, andersdenkende, Nobelpryswenner en aktivis vir ontwapening, vrede en menseregte.

Hy het bekendheid verwerf as die ontwerper van die RDS-37 van die Sowjetunie, 'n naam vir die Sowjet-ontwikkeling van termonukleêre wapens. Sacharof het later 'n voorstander geword van burgerlike vryhede en burgerhervormings in die Sowjetunie, waarvoor hy deur die staat vervolg is; hiervoor het hy in 1975 die Nobelprys vir Vrede gewen. Die Sacharofprys, wat jaarliks deur die Europese Parlement toegeken word vir mense en organisasies wat hulle toewy aan menseregte en vryhede, word ter ere van hom toegeken.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy