Gaan na inhoud

Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne is 'n Ou Testamentiese apokriewe boek. Dit is die tweede en vorm saam met twee ander Apokriewe boeke Susanna en Bel en die draak die drie toevoegings tot die boek van Daniël. Die verhaal kom in die Septuagint voor waar dit tussen Daniël 3:23 en Daniël 3:24 ingevoeg is.

Voor Daniël 3:23 word vertel hoe koning Nebukadnesar 'n goue beeld laat maak en die mense beveel het om dit te aanbid. Die drie jong manne, Gananja, Misael en Asarja (beter bekend as Sadrag, Mesag en Abednego) het geweier om die beeld te aanbid en die koning laat hulle in 'n warm oond gooi. In vers 24 word vertel hoe die koning verskrik opspring en sy raadgewers vra hoekom daar dan 4 persone in die oond is.

Die verhaal vertel wat tussen die twee verse gebeur het. Dit gaan oor die gebed van Asarja en die drie se loflied en hoe God se engel hulle beskerm het.

Die skrywer van die boek is onbekend (daar word vermoed dat dit Jode was) en daar word ook vermoed dat die boek tussen 170 tot 150 v.C. geskryf is.

  • APOKRIEWE Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd. Jan van der Watt, Francois Tolmie. 2005. ISBN 1-77000-192-1
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy