Gaan na inhoud

Bluetooth

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlokkie met bluetooth-antenne

Bluetooth is 'n protokol vir koordlose kommunikasie oor kort afstande. Dit is in die 1990's ontwikkel om die hoeveelheid elektroniese kabels wat om rekenaars gebruik word te verminder. Toestelle soos selfone, skootrekenaars, persoonlike rekenaars, rekenaardrukkers, digitale kameras en videospeletjies se konsole kan deur bluetooth met mekaar verbind en inligting uitruil. Dit word gedoen deur van radiogolwe gebruik te maak. Bluetooth is veilig om te gebruik. Dit word gewoonlik net oor relatiewe kort afstande, soos 'n paar meter, gebruik.[1] Ander seine hiervan kan tot 100 meter ver strek.[1]


Etimologie

[wysig | wysig bron]
Bluetooth-logo

Die naam “Bluetooth” is 1997 deur Jim Kardach van Intel voorgestel. Hy het 'n stelsel ontwerp wat dit vir selfone moontlik maak om met rekenaars te kommunikeer. Kardach was ten tyde van hierdie voorstel besig om Frans G. Bengtsson se historiese roman The Long Ships te lees. Die boek handel oor die Wikings en die tiende-eeuse Deense koning Harald Bluetooth.[2][3]

Funksie

[wysig | wysig bron]

Werking

[wysig | wysig bron]

Toestelle moet gepaar wees om data uit te ruil. Koppeling word gedoen deur 'n elektroniese soektog vanaf 'n toestel te begin en 'n kode uit te ruil. In sommige gevalle is die kode gratis en beide toestelle hoef slegs dieselfde kode in te sleutel. In ander gevalle word die kode deur een van die toestelle, byvoorbeeld 'n toestel sonder 'n sleutelbord, vasgestel. Die een toestel moet die ander een kan herken om daarmee te koppel. Gevolglik word die kodes deur die toestelle gememoriseer en kom op om verbinding aan te vra en vir die ander toestel om paring te aanvaar sodat data uitgeruil kan word.

Om die risiko van indringing te verminder gebruik toestelle 'n vooraf geprogrammeerde kode wat per hand geaktiveer word en die koppeling behoort net vir 'n kort tydperk gedoen te word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Peshin, Akash (9 Januarie 2018). "What is the range of Bluetooth and how can it be extended?". Science ABC (in Engels). Besoek op 21 Julie 2020.
  2. Kardach, Jim (5 Maart 2008). "Tech History: How Bluetooth got its name". eetimes. Besoek op 11 Junie 2013.
  3. Forsyth, Mark (2011). The Etymologicon. London: Icon Books Ltd. p. 139.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy