Gaan na inhoud

Hoofgroepmetaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Andere reekse
Oorgangsmetale
Hoofgroepmetale
Metalloïde
Niemetale
Lantaniede
Aktiniede

Die swaarder elemente van die boorgroep, koolstofgroep en die stikstofgroep word die hoofgroepmetale genoem om hulle te onderskei van die oorgangsmetale, die lantaniede en die aktiniede. Die alkalimetaal- en aardalkalimetaalgroepe word soms ook by die hoofgroepmetale gereken.

Die hoofgroepmetale het in gemeen dat hulle metallieke geleiers is en dat die band waarin hierdie geleiding plaasvind hoofsaaklik uit p- of s-golffunksies bestaan (en nie uit d- of f-funksies nie). Dit is 'n belangrike verskil omdat die oorvleueling van p- en s-bande vanweë hulle grootte heelwat breër is. Die elektrone benader daarom die ideaal van 'n vrye elektronegas.

Hulle chemie is ook heelwat eenvoudiger omdat daar minder mededinging met mekaar se oksidatietoestande is. In teënstelling tot die d- en f-metale is die ione dikwels nie gekleur nie. Onvolledig gevulde d- en f-golffunksies lê dikwels dig genoeg bymekaar om oorgange in die sigbare gebied moontlik te maak. By hoofgroepmetale ontbreek hierdie oorgange meestal.

13
Al
31
Ga
49
In
50
Sn
81
Tl
82
Pb
83
Bi
84
Po

Sleutel

  =Hoofgroepmetale

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy