Gaan na inhoud

Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Wapen van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Wapen van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Land Portugal
Laaste heerser Manuel II
Titel Koning van Portugal
Stigters Ferdinand II en Maria II
Gestig 1836
Stam van Huis van Sakse-Koburg en Gotha
Afsetting 1910

Die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha[1] of Braganza-Sakse-Koburg en Gotha, was 'n tak van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat oor die Koninkryk van Portugal regeer het – van 1853 tot dit in 1910 'n republiek geword het.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Manuel II, laaste koning van Portugal.

Die koningshuis is deur prins Ferdinand van Sakse-Koburg en Gotha gestig. Hy het op 9 April 1836 getrou met koningin Maria II van Portugal van die Huis van Bragança en so Ferdinand van Sakse-Koburg-Gotha-Koháry van die Huis van Wettin geword. Lede van die koningshuis het die titels Infante/Infanta van Portugal en Hertog/Hertogin van Sakse gehad.[2]

Op 15 November 1853 is koningin Maria II dood en deur haar oudste seun opgevolg as Pedro V, die eerste koning van die Braganza-Sakse-Koburg en Gotha dinastie.

Die familie sou op die troon bly tot met die begin van die 5 Oktober 1910-rewolusie in Portugal toe koning Manuel II afgesit is en die Eerste Portugese Republiek gestig is. Manuel II het 'n banneling geword en is op 2 Julie 1932 dood.[3]

Vandag gebruik die afstammelinge van prinses Theresa van Sakse-Koburg en Gotha (1902–1990), wat die kleindogter van prinses Leopoldina van Brasilië van die Huis van Bragança was, steeds die van Tasso de Saxe-Coburgo e Bragança.[4] Dit word ook gebruik deur Maria Pia van Sakse-Koburg en Gotha Braganza, 'n vrou wat beweer sy is die buite-egtelike kind van koning Carlos I.

Heersers

[wysig | wysig bron]
Pedro V 1853–1861
Luis I 1861–1889
Carlos I 1889–1908
Manuel II 1908–1910

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Maclagan, Michael (2002). Lines of Succession. Tables by Jiri Louda. Time Warner Books. p. 187. ISBN 0-316-72428-9.
  2. Almanach de Gotha (146th uitg.). Justus Perthes. 1909. p. 66.
  3. Almanach de Gotha (175th uitg.). Justus Perthes. 1938. p. 112.
  4. McNaughton, Arnold (1973). The Book of Kings: A Royal Genealogy. Garnstone Press. p. 368.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy