Gaan na inhoud

Koningsprotea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Koningsprotea
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. cynaroides
Binomiale naam
Protea cynaroides
L., 1771
Verspreidings-kaart
Sinonieme
  • Erodendrum cynariflorum Knight
  • Protea cyclophylla (Gand.) Gand. & Schinz
  • Protea eriolepis (Gand.) Gand. & Schinz
  • Protea petiolata H.Buek ex Meisn.
  • Protea woodwardii Endl.
  • Scolymocephalus cynaroides (L.) Kuntze

Die koningsprotea (Protea cynaroides), ook bekend as die reuseprotea, koningsuikerbos of heuningpot, is 'n blom en die grootste lid van die Protea-genus en is deel van die fynbos-bioom. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Port Elizabeth. Die struik het meer as een stam en word tot 2 m in deursnee en ook tot 2 m hoog. Dit blom regdeur die jaar.

Die plant spruit weer uit na 'n vuur. Die saad word deur die wind versprei en die plant is eenslagtig. Die aktiwiteite van voëls is verantwoordelik vir die bestuiwing. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0–1 500 m.

Nasionale embleem

[wysig | wysig bron]

Die koningsprotea is die nasionale blom en sportembleem van Suid-Afrika. Dit verskyn op die wapen van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan (Proteas) se bynaam is aan dié plant ontleen.

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis


pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy