Kovelliet
Voorkoms
Kovelliet | |
---|---|
Formule | CuS, |
Onsuiwerhede | Fe,Se,Ag,Pb[1] |
Nickel-Strunz (10) | 2.CA.05a |
Kleur | blouswart[1] |
Streep | blink metaalagtig, loodgrys tot swart[1] |
Glans | submetalliek [1] |
Hardheid | 1,5-2(Mohs)[1] |
Digtheid | 4,6 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | eenassig (+) |
RI-waardes | n = nω = 1.450 nε = 2.620 [1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | heksagonaal |
Ruimtegroep | P63/mmc[1] |
Strukturbericht-kode | B18 |
Nommer | 194 |
Eenheidsel | a = 379,38 pm, c = 1634,1pm[1] |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Kovelliet is 'n sulfidiese kopermineraal met algemene formule CuS. Dit is 'n belangrike kopererts.
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Kovelliet kristalliseer in 'n taamlik ingewikkelde heksagonale struktuur wat die argetipe van die B18-tipe van die strukturbericht-klassifikasie is. Eenderde van die koper- en swaelatome vorm 'n plat seshoekige laag soos in grafiet of liewer heksagonale boornitried. Die omringing in die laag is drievoudig vir albei die atoomsoorte. Tweederde van die swaelatome vorm S2-pare (soos in piriet) wat loodreg op die BN-lae staan. Die ander koperatome is in 'n tetraëdriese omringing. Ten spyte van die stoigiometrie bevat die stof geen Cu2+-ione nie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]