Kurów
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Lublin |
Distrik | Puławy |
Koördinate | 51°24′N 22°11′E / 51.400°N 22.183°O |
Stigting | 15de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 11,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 157 m |
Bevolking: | |
- Totaal (20 Augustus 2010) | 2 826 |
- Bevolkingsdigtheid | 250/km² |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Stanisław Wójcicki |
Amptelike Webwerf | kurow.eu |
Kurów is 'n dorp met 2 826 inwoners in die woiwodskap Lublin in die suidooste van Pole. Dit is onder meer bekend as die geboortedorp van die voormalige Poolse staats president en generaal Wojciech Jaruzelski.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Kurów is tussen 1431 en 1442 volgens Magdeburgse reg gestig. In die 16de eeu was die dorp 'n sentrum van Poolse Calvinisme, tog het die inwoners tot in 1660 die Ariaanse geloof aangeneem. In Februarie 1831 het Poolse troepe onder die bevel van generaal Józef Dwernicki 'n Russiese strydmag verslaan. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Kurów op 9 September 1939 in 'n Duitse bomaanval verwoes.