Gaan na inhoud

Marteling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Middeleeuse rektafel.
Vrywilligers probeer water-versmoring (waterboarding).

Marteling, pyniging of foltering is wanneer iemand 'n ander persoon aan pyn en lyding onderwerp. Hierdie pyn kan fisiek of geestelik van aard wees. Mense wat marteling oorleef ly dikwels aan langdurige liggaamlike of sielkundige probleme.

Die doelwit wat die marteling is gewoonlik om inligting uit 'n persoon te verkry. Marteling het ook in die verlede as 'n straf gedien.

Byna alle lande stem saam dat marteling 'n skending van menseregte is, soos in die Universele Verklaring van Menseregte opgeneem. Gevolglik is marteling in baie lande tot 'n misdaad verklaar. Almal stem egter nie saam oor presies wat marteling omhels nie, en wat aanvaarbaar sou wees om aan gevangenes te doen nie.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy