Gaan na inhoud

Merapi

Koördinate: 7°32′26.99″S 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O / -7.5408306; 110.4448167
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Merapi
Gunung Merapi
Die berg Merapi in 2018. Die berg Merapi in 2018.
Ligging Java, Indonesië
Hoogte 2 910 meter bo seevlak
Koördinate 7°32′26.99″S 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O / -7.5408306; 110.4448167
Bergtipe Aktiewe stratovulkaan
Laaste uitbarsting 2020
Ligging van Merapi Gunung Merapi op 'n kaart (Indonesië)
Merapi Gunung Merapi
Merapi
Gunung Merapi
Ligging in Indonesië.
Die berg Merapi soos gesien van 'n 9de-eeuse Hindoetempel.

Die berg Merapi (Indonesies en Javaans: Gunung Merapi, letterlik "Vuurberg") is 'n aktiewe stratovulkaan aan die grens tussen Sentraal-Java en die spesiale streek Jogjakarta in Indonesië. Dit is die aktiefste vulkaan in Indonesië en bars sedert 1548 gereeld uit. Dit lê naby die stad Jogjakarta met 'n bevolking van 2,4 miljoen, terwyl daar ook dorpies tot so hoog as 1 700 m bo die seevlak is.

Dikwels kan gesien word hoe rook uit die piek van die vulkaan borrel, en verskeie uitbarsting het al tot lewensverlies gelei. 'n Piroklastiese stroom weens 'n groot uitbarsting het op 22 November 1994 altesaam 27 mense gedood, hoofsaaklik op die dorp Muntilan, wes van die vulkaan.[1] In 2006 was daar nog 'n groot uitbarsting, net voor die Jogjakarta-aardbewing in dieselfde jaar.

Vanweë die gevare wat Merapi vir die bevolkte gebiede inhou, is dit aangewys as 'n Dekadevulkaan.

2010-uitbarsting

[wysig | wysig bron]
'n Verwoeste huis op die dorp Cangkringan ná uitbarstings in 2010.

Op die middag van 25 Oktober 2010 het Merapi aan sy suidelike en suidoostelike hange uitgebars.[2] Altesaam 353 mense is in die volgende maand dood, terwyl 350 000 uit hulle huise moes vlug;[3] die meeste skade is aangerig deur piroklastiese strome, terwyl swaar reën op 4 November modderstortings veroorsaak het wat verdere skade aangerig het.

Die meeste uitbarstings het bedaar teen 30 November, en vier dae later is die amptelike bedreigingsvlak verlaag.[4] Merapi se kenmerkende vorm is deur die uitbarstings verander en sy hoogte het met 38 m teruggesak tot 2 930 m.[5]

Sedert 2010 was daar verskeie kleiner uitbarstings op Merapi, veral twee ondergrondse ontploffings op 18 November 2013 en 11 Mei 2018. Tydens die eerste een, wat die grootste was en deur 'n kombinasie van reën en interne aktiwiteit veroorsaak is, het rook tot 2 000 m hoog die lug in getrek.[6]

Sedert begin 2020 was daar verskeie klein uitbarstings.[7][8][9] Die laaste twee was op 8 Augustus 2021[10] en 16 Augustus 2021.[11]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (id) Kompas (Yogyakarta) President Soeharto Really Concern. Saturday, 26 November 1994.
  2. "Merapi spews lava". TheJakartaPost.com. Jakarta Post. 25 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2010. Besoek op 27 Oktober 2010.
  3. "Case study: Mount Merapi in 2010". BBC Bitesize. Besoek op 5 Oktober 2021.
  4. "Update Gunung Merapi status on 30/11 to 12.00 WIB". Badan Nasional Penanggulangan Bencana. 12 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2011. Besoek op 12 Mei 2010.
  5. "Mount Merapi". Besoek op 10 Januarie 2019.
  6. "Tiga Gunung Indonesia Ini Bikin Dunia Terkaget-kaget". 30 Desember 2013.
  7. "Merapi". www.volcanodiscovery.com. Besoek op 26 Oktober 2018.
  8. "Indonesia's Mt Merapi spews massive ash cloud". www.thestar.com.my. Besoek op 27 Maart 2020.
  9. Riyadi, Slamet (7 Januarie 2021). "Indonesia's Merapi volcano spews hot clouds, 500 evacuate". Associated Press. Besoek op 7 Januarie 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  10. Riyadi, Slamet (9 Augustus 2021). "Indonesian volcano churns out fresh clouds of ash, lava". Associated Press.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  11. "Indonesia Volcano Erupts, Blankets Villages In Ash". 16 Augustus 2021. Besoek op 16 Augustus 2021.

Skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy