Gaan na inhoud

Portaal:Musiek/Uitgelig/6

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Michael Jackson in 1984

Michael Jackson (29 Augustus 1958, Gary, Indiana (VSA), † 25 Junie 2009, Los Angeles, Kalifornië (VSA)) was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, vermaakpersoonlikheid, besigheidsman en humanis wat as een van die suksesvolste musiekkunstenaars in die geskiedenis van die popmusiek bekend staan. Sy unieke bydraes tot populêre musiek en dans, tesame met sy hoogs gepubliseerde persoonlike lewe, het hom vir vier dekades 'n sentrale figuur van die popkultuur gemaak. Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 750 miljoen albums verkoop.Tydens sy sololoopbaan het hy dertien nommereen-treffers opgelewer. Ander prestasies sluit in dat hy een van die weinig kunstenaars was om twee keer in die Rock and Roll Hall of Fame vereer te word en vele Guiness-wêreldrekords — insluitende die rekord vir "Most Successful Entertainer of All Time". Sy grootste treffers sluit "Thriller" en "Billie Jean" in.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy