Gaan na inhoud

Rastatt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rastatt

Kaart Wapen
Logo
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate 48°51′N 8°12′O / 48.850°N 8.200°O / 48.850; 8.200
 Stigting (eerste verwysing) 1084
 Stadstatus Omstreeks 1700
 Oppervlakte 59,02 km2
 Hoogte bo seevlak 115 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2013) 47 110[1]
 - Bevolkingsdigtheid 798,2/km2
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Hans Jürgen Pütsch
 Amptelike Webwerf rastatt.de

Rastatt [ˈʁaʃtat] is 'n stad in die deelstaat Baden-Württemberg, Duitsland met 'n bevolking van sowat 47 000. Dit is geleë op die Murgrivier, 6 km bo sy aansluiting met die Ryn, sowat 22 km suidwes van Karlsruhe en 12 km noord van Baden-Baden. Rastatt is die naamgewende nedersetting en administratiewe setel van die distrik Rastatt.

Rastatt het in 1714 internasionale bekendheid verwerf toe die Spaanse Opvolgingsoorlog met die ondertekening van die Vredesverdrag van Rastatt beëindig is. In die 18de eeu het in Rastatt, wat destyds as regeringsetel van die Markgraafskap Baden-Baden gedien het, weelderige geboue in die barokstyl ontstaan. In die 19de eeu is die stad tot 'n federale vesting uitgebou en het tot in die laat 20ste eeu as garnisoenstad gedien. Vanweë sy militêre betekenis het die stad 'n belangrike rol in die Badiese Rewolusie van 1849 gespeel.

In 1992 het die motorvervaardiger Mercedes-Benz 'n vervaardigingsaanleg in Rastatt geopen.


Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy