Sadalmelik
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Alpha Aquarii
| ||||
Sadalmelik se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Bayer-naam | Alpha Aquarii | |||
Spektraaltipe | G2 Ib[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 05m 47.03593s[2] | |||
Deklinasie | −00° 19′ 11.4568″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,94[3] | |||
B-V-kleurindeks | +0,97[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,699[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 6,5[1] | |||
Radius (R☉) | 77 | |||
Ligsterkte (L☉) | 3 000 | |||
Ouderdom (jaar) | 53 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 5 210[1] | |||
Ander name | ||||
El Melik, Rucbah, Saad el Melik, Sadalmelek, Sadalmelik, Sadlamulk, α Aqr, Alpha Aquarii, Alpha Aqr, 34 Aquarii, 34 Aqr, BD−01 4246, FK5 827, HD 209750, HIP 109074, HR 8414, SAO 145862.[4][5][6][7] | ||||
|
Sadalmelik (ook genoem Alpha Aquarii of α Aqr) is volgens data van die Hipparcos-sending sowat 520 ligjare van die Son af geleë.[2] Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 2,94.[3]
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die ster is 53 miljoen jaar oud[1] en het ontwikkel in ’n superreus met ’n sterreklassifikasie van G2 Ib.[1] Sy massa is 6,5 keer dié van die Son,[1] sy radius sowat 77 keer[8] en sy ligsterkte 3 000 keer die Son s’n.[9] Sy oppervlaktemperatuur is sowat 5 210 K.[1] Dit is wat Sadalmelik die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee.[10] Waarnemings deur die Chandra-X-straalsterrewag toon dit straal min X-strale uit in vergelyking met G-tipe hoofreekssterre. Dit is ’n algemene kenmerk van vroeë G-tipe reusesterre.[9]
Sadalmelik het ’n visuele metgesel, 2MASS J22055176-0017468, met ’n skynbare magnitude van sowat 12,2. Dit lê teen ’n hoekskeiding van 110,4 boogsekondes van Sadalmelik, teen ’n posisiehoek van 40°.[6]
Naam
[wysig | wysig bron]Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquarii". Die tradisionele naam, "Sadalmelik", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الملك sa‘d al-malik, "geluk van die koning". Die oorsprong van die naam is onbekend.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadalmelik" vir die ster goedgekeur.[11]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Lyubimkov, Leonid S. et al. (February 2010), "Accurate fundamental parameters for A-, F- and G-type Supergiants in the solar neighbourhood", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 402 (2): 1369–1379, doi:10.1111/j.1365-2966.2009.15979.x, Bibcode: 2010MNRAS.402.1369L
- ↑ 2,0 2,1 2,2 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode: 2007A&A...474..653V
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Cousins, A. W. J. (1984), "Standardization of Broadband Photometry of Equatorial Standards", South African Astronomical Observatory Circulars 8: 59, Bibcode: 1984SAAOC...8...59C
- ↑ HR 8414, database entry, The Bright Star Catalogue, 5th Revised Ed. (Preliminary Version), D. Hoffleit and W. H. Warren, Jr., CDS ID V/50. Accessed on line October 3, 2008.
- ↑ Sadalmelik – ster in dubbelstelsel, databasisinskrywing, Simbad. Besoek op 3 Oktober 2008.
- ↑ 6,0 6,1 Inskrywing 22058-0019, The Washington Double Star Catalog, United States Naval Observatory. Besoek op 18 November 2008.
- ↑ pp. 51, 148, Star-names and Their Meanings, Richard Hinckley Allen, New York: G. E. Stechert, 1899.
- ↑ Nordgren, Tyler E. et al. (December 1999), "Stellar Angular Diameters of Late-Type Giants and Supergiants Measured with the Navy Prototype Optical Interferometer", The Astronomical Journal 118 (6): 3032–3038, doi:10.1086/301114, Bibcode: 1999AJ....118.3032N
- ↑ 9,0 9,1 Ayres, Thomas R.; Brown, Alexander; Harper, Graham M. (July 2005), "Chandra Observations of Coronal Emission from the Early G Supergiants α and β Aquarii", The Astrophysical Journal 627 (1): L53–L56, doi:10.1086/431977, Bibcode: 2005ApJ...627L..53A
- ↑ "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from the original on 2012-03-10, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16
- ↑ "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Alpha Aquarii Aladin image viewer
- Sadalmelik op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia