Sardinië
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Volkslied: | Su patriottu sardu a sos feudatarios (Sardies vir: "Die Sardynse patriot aan die Here") |
Hoofstad: | Cagliari |
Amptelike tale: | Italiaans en Sardies |
Administratiewe verdeling: | 4 provinsies en 1 metropolitaanse stad |
Oppervlakte: | 24 090 vk km |
Bevolking: | 1 651 793 (2017) |
Bevolkingsdigtheid: | 68,6 inwoners per vk km |
Webwerf: | www.regione.sardegna.it |
ISO 3166-2: | IT-88 |
President: | Francesco Pigliaru (Demokratiese Party) |
Kaart | |
Sardinië (Italiaans: Sardegna; Sardies: Sardigna of Sardìnnia; Katalaans: Sardenya; Latyn: Sardinia) is 'n eilandgebied van Italië in die Middellandse See en 'n outonome administratiewe gewes van Italië.
Die eiland is wes van die Italiaanse vasteland, suid van Korsika en noordoos van Sisilië geleë. Sardinië is die tweede grootste eiland in die Middellandse See ná Sisilië. Sardinië het 'n bevolking van 1 651 793 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 24 090 km². Die hoofstad en grootste stad is Cagliari. Die amptelike tale is Sardies en Italiaans. Rondom die dorp Alghero word 'n ou vorm van Katalaans gebesig - as kulturele erfenis van vier eeue van Spaans-Aragonese bewind oor Sardinië tussen die 14de en 18de eeu.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sardinië.
- (en) Toerisme-inligting oor Sardinië op Wikivoyage
- (it) Amptelike webwerf van die Outonome Region Sardinië
Abruzze (Abruzzo) • Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria) • Kampanië (Campania) • Emilia-Romagna • Friuli-Venezia Giulia • Latium (Lazio) • Ligurië (Liguria) • Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte) • Sardinië (Sardegna) • Sisilië (Sicilia) • Toskane (Toscana) • Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto |