Gaan na inhoud

Tokio-Haneda Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Tokio Internasionale Lughawe. Vir Tokio se belangrikste internasionale lughawe, sien Narita Internasionale Lughawe.
Tokio Internasionale Lughawe
東京国際空港
Tōkyō Kokusai Kūkō
Hadena se beheertoring
IATA: HNDICAO: RJTT
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Tokio Lugvaartburo,
Japannese regering (vliegveld);
Japan Airport Terminal Co. Ltd. (terminale)
Ligging Ōta, Tokio, Japan
Spil vir Japan Airlines
All Nippon Airways
Skymark Airlines
Air Do
Skynet Asia Airways
Hoogte bo seevlak 21 vt / 6 m
Webtuiste www.tokyo-airport-bldg.co.jp
Landkaart
HND is in Japan
HND
HND
Ligging in Japan
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
16R/34L 3 000 9 843 Betonteer
16L/34R 3 000 9 843 Betonteer
04/22 2 500 8 202 Betonteer
05/23 2 500 8 202 Betonteer
Statistieke (2018)
Passasiers 84 893 742
Ekonomiese impak $18.5 miljard[1]
Sosiale impak 193.2 duisend[1]
Bronne: Japannese Lugvaartinligtingstuk[2]
Statistiek van die Internasionale Lughaweraad.

Tokio-Haneda Internasionale Lughawe (IATA-kode: HND, ICAO: RJTT) is een van die twee primêre lughawens wat die Groter Tokiogebied bedien. Dit is geleë in Ota, Tokio in Japan, 14 km (8,7 myl) suid van Tokiostasie. Die lughawe is die primêre basis van Japan se twee groot internasionale lugrederye, Japan Airlines (terminaal 1) en All Nippon Airways (terminaal 2), sowel as die laekosterederye Air Do, Skymark Airlines, Solaseed Air en StarFlyer.

Haneda het 68 906 636 passasiers in 2013 hanteer; volgens passasiersgetalle was dit die tweede besigste lughawe in Asië en die vierde besigste ter wêreld, na Hartsfield-Jackson Atlanta, Beijing Capital (Asië se besigste) en Londen-Heathrow.[3] Dit is in staat om 90 miljoen passasiers per jaar te hanteer ná sy uitbreiding in 2010; met Haneda en Narita gekombineer beskik Tokio oor die derde besigste stadslughawestelsel in die wêreld, na Londen en New York.

Haneda was die primêre internasionale lughawe wat Tokio tot 1978 bedien het. Gedurende 1978-2010 het Haneda byna al die vlugte na en van Tokio hanteer, sowel as "geskeduleerde huurvlugte" na 'n paar groot stede in Oos-Asië, terwyl Narita Internasionale Lughawe die meerderheid van die internasionale vlugte hanteer het.

In 2010 is 'n toegewyde internasionale terminaal by Haneda geopen, saam met die voltooiing van 'n vierde aanloopbaan, sodat langafstandvlugte in die nag kon voortgaan.[4] Haneda is gedurende Maart 2014 vir langafstanddiens vir dagvlugte oopgestel, met verskeie rederye wat 'n ononderbroke diens aanbied na 25 stede in 17 lande.[5]

Die nuwe terminaal 1-gebou
Hanedavliegveld in 1937

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Tokyo Haneda airport – Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2019. Besoek op 7 September 2013.
  2. AIS Japan
  3. "Jaar tot datum passasiersverkeer, Desember 2013" (in Engels). Airports Council International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2018. Besoek op 31 Maart 2014.
  4. "Tokyo Haneda's new runway and terminal welcome more international services; almost 50 domestic routes served". anna.aero airline route news & analysis. 20 Oktober 2010.
  5. "羽田空港の国際線拡大、欧州・東南アジア便が就航". Nihon Keizai Shimbun (in Japannees). 30 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2018. Besoek op 31 Maart 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy