Wikipedia:Beeld van die week/2012
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2012 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2012
[wysig bron]Week 1 Koninklike wapen van Skotland, 'n deel van die Verenigde Koninkryk.
Week 2 Die Krapnewel is 'n uitdyende gaswolk vanweë die 1054 supernova.
Week 3 'n Lieweheersbesie (Coccinella septempunctata) in sy natuurlike habitat.
Week 4 Die Maan soos van die Aarde waargeneem.
Week 5 'n F5-Tornado in Manitoba, Kanada, soos op 22 Junie 2007 opgeneem.
Week 6 Stockholm, die hoofstad van Swede, omstreeks 1897.
Week 7 Die jaguar (Panthera onca) is die grootste kat van die Amerikas.
Week 8 Die Britse akteur, komediant, komponis, rolprentregisseur en rolprentvervaardiger Charlie Chaplin tussen 1900 en 1910 in die Verenigde State.
Week 10 Die wapen van die Kanadese provinsie Nova Scotia.
Week 11 Die grenslyn tussen San Diego, Verenigde State, en Tijuana, Meksiko.
Week 12 'n Briekwabaars (Epinephelus lanceolatus) tussen Goue koningvisse (Gnathanodon speciosus).
Week 13 Indien 'n sirkel se deursnee gelykstaande aan 1 is, is sy omtrek gelykstaande aan π.
Week 14 Illustrasie van die Frans-Duitse Oorlog in die London News vanaf 3 September 1870 met Franse Nasionale Garde, Mobile wagte, brandweer en vrywilligers.
Week 15 Dokter Schreiber van San Augustine gee 'n tifusinenting by 'n plaaslike skool in die San Augustine County, Texas, in April 1943.
Week 16 Gletsermonding van die Schlatenkees in Oos-Tirool, Oostenryk.
Week 17 Die Heuwel van Kruise (Litaus: Kryžių kalnas) naby Šiauliai in Litaue.
Week 18 Die vorming van 'n sferiese druppel water in die vloeistof fase minimaliseer die oppervlakarea, wat die natuurlike resultaat van oppervlaktespanning in vloeistowwe is.
Week 19 'n Aardhommel (Bombus terrestris).
Week 20 Die huidige wapen van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.
Week 21 'n F-15 Eagle monitor die lugruim bokant die Kennedy-ruimtesentrum tydens die lansering van die Ruimtependeltuig Atlantis op 14 Mei 2010 op sending STS-132 na die Internasionale Ruimtestasie.
Week 22 Die Popocatépetl is die tweede hoogste berg van Meksiko asook die tweede hoogste vulkaan van Noord-Amerika.
Week 23 'n Europese swael (Hirundo rustica).
Week 24 Die Eiffel-toring in die Franse hoofstad Parys.
Week 25 Die Internasionale Lughawe van San Francisco (SFO) in die Verenigde State in die nag.
Week 26 Wolkstrale tydens 'n sonsondergang naby die Waterberg Plato (Wabi-wildsplaas) in Namibië.
Week 27 Die internasionale argiefgebou van die Baha'i-geloof wat uitkyk op die heiligdom van die Bab en die hawe van Haifa, Israel.
Week 28 Beeste op 'n groen veld - Nullamunjie Olive Grove in Tongio, Australië.
Week 29 Die Mount Cook soos gesien vanaf die Hooker-vallei, Nieu-Seeland.
Week 30 Die wapen van die Koninkryk van Griekeland tussen 1936 en 1973 onder die koninge George II, Paul en Konstantyn II.
Week 31 'n Panoramiese uitsig oor Tbilisi, die hoofstad en grootste stad van Georgië, soos afgeneem in 2011.
Week 32 'n Gewone verkleurmannetjie (Chamaeleo chamaeleon) kamoefleer homself om met die omgewing saam te smelt, soos afgeneem in Oueslatia, Tunisië.
Week 33 Die Sonsverduistering van 20 Mei 2012, soos waargeneem in Red Bluff, Kalifornië.
Week 34 'n Wêreldkaart met al die nasionale vlae.
Week 35 Hongkong soos gesien vanaf Victoria Peak.
Week 36 Iwan Tsarewitsj keer terug met die gevange Zjar-ptitsa (1880) - Wiktor Wasnetsof (1848-1926).
Week 37 'n Blou mandarynpitvis (Synchiropus splendidus)
Week 38 'n Koringveld (Triticum aestivum).
Week 39 Napoléon III ná sy dood - Afbeelding uit The Illustrated London News op 25 Januarie 1873.
Week 40 Die wapen van die Koninkryk van Hawaii (1795–1893).
Week 41 Die planeet Mercurius, soos waargeneem deur die Messenger-wenteltuig op 14 Januarie 2008.
Week 42 Die Buckingham-paleis in Londen, Verenigde Koninkryk - soos waargeneem in April 2009.
Week 43 'n Kaart van Europa in 1923 - vyf jaar ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog.
Week 44 'n Aanvallende jong luiperd (Panthera pardus) in die Suid-Afrikaanse provinsie Gauteng.
Week 45 Poolligte oor die Bear Lake in Alaska (VSA) - soos gesien op 18 Januarie 2005.
Week 46 Die paleis van die skone kunste (Spaans: Palacio de Bellas Artes) in Meksikostad, Meksiko, soos gesien vanaf die Latyns-Amerikaanse toring (Torre Latinoamericana), in 2006.
Week 47 'n bosluis (Ixodida)
Week 48 Amptelike politiese kaart van Colombia en sy administratiewe verdeling.
Week 49 Die silhoeët van die Ruimtependeltuig Endeavour tydens die STS-130-missie op 9 Februarie 2010.
Week 50 Kleiner wapen van die Russiese Ryk tussen 1883 en 1917.
Week 51 Die Northrop B-2 Spirit van die VSA se lugmag tydens 'n hervullingsmissie oor die Stille Oseaan op 30 Mei 2006.
Week 52 Mis oor die Lake Mapourika in Nieu-Seeland.