Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Oktober
Voorkoms
7 Oktober: Feesdag van sint Osyth
- 1571 – Die Ottomaanse Ryk word vir die eerste keer in 'n geveg deur die Christelike Weste verslaan, toe 'n vloot wat deur Don Johan van Oostenryk gelei is, die Ottomaanse vloot naby die golf van Korinte tydens die Slag van Lepanto verslaan.
- 1931 – Gebore: Desmond Tutu; kerkleier, teenstander van apartheid en wenner van die Nobelprys vir Vrede.
- 1949 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) word in Oos-Berlyn in die lewe geroep.
- 2000 – Henri van Luxemburg word groothertog van Luxemburg nadat sy vader, Jean, vrywillig afstand van die troon gedoen het.
- 2001 – Die Verenigde State se inval in Afghanistan begin met 'n lugbombardement, met Taliban- en Al-Kaïda-magte as teiken.