Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde-Faku...view moreElizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde-Fakulteit. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa verskyn het), was ’n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks, wat ook deur Tafelberg uitgegee word. Elizabeth woon saam met haar man en tienerdogter in Welgedacht, naby Kaapstad.view less