1032
Voorkoms
1032 |
◄ | 10de eeu | ◄11de eeu► | 12de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1027 | 1028 | 1029 | 1030 | 1031 | ◄ 1032 ► | 1033 | 1034 | 1035 | 1036 | 1037 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1032 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1032 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 32ste jaar van die 11de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 21 Oktober – Pous Benedictus IX volg Pous Johannes XIX op.
Ongedateerd
[wysig | wysig bron]- Die eerste melding van die stad Koersk in Rusland.
- Domenico Flabanico word die 29ste Doge van Venesië.
- Basel word deel van die Heilige Romeinse Ryk.
- Hermann I word die biskop van Münster na die dood van Siegfried van Walbeck.
- Provence, Savoje en die Distrik van Boergondië word by die Heilige Romeinse Ryk ingelyf.
- Robert I, broer van koning Hendrik I van Frankryk ontvang die hertogdom van Boergondië. Dit is die begin van 'n groot wedywering tussen die broers.
- 'n Groot hongersnood breek in Europa uit. Die hongersnood sou tot en met 1033 duur. Gevalle van kannibalisme is gevind.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 16 Februarie – Keiser Yingzong van China, 5de keiser van die Song-dinastie. († 25 Januarie 1067)
- Datum onbekend
- Koning Vratislav II van Boheme, Tsjeggiese Republiek. († 14 Januarie 1092)
- Cheng Hao, Chinese Neo-Confuciaanse filosoof tydens die Song-dinastie. († 1085)
- Keiser Daozong van die Liao-dinastie in China. († 1101)
- Ermengol III, Graaf van Urgell en seun van Ermengol II. († 1065/66)
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 25 Julie – Constance van Arles, vrou van koning Robert II van Frankryk (* 986)
- 6 September – Rudolf III, koning van Boergondië (* 970)
- 4 Oktober – Sancho VI Willem, hertog van Gascogne vanaf 1009 tot en met sy dood.
- 20 Oktober – Pous Johannes XIX, die 144ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 27 November – Siegfried van Walbeck, biskop van Münster.
- Datum onbekend
- Bezprym, hertog en koning van Pole (vermoor). Sy uiterste wreedaardigheid word aangegee as die rede vir sy ondergang (* ca. 986)
- Aelfsige II, biskop van Winchester
- Altun Tash, Shah van die Khwarazm-Ryk vanaf 1017 tot en met sy dood.
- Gille Coemgáin, koning (mormaer) van Moray, 'n semi-outonome koninkryk in die noorde van Skotland.
- Mayor van Kastilië, vrou van koning Sancho III van Navarre (* 995)
- Otto Orseolo, Doge van Venesië (* ca. 992)
- Mughron Ua Níoc, ab van Tuam