Pous Evaristus
Pous Evaristus | |
---|---|
Geboortenaam | Evaristus |
Pontifikaat begin | 98 |
Pontifikaat eindig | 105 |
Voorganger | Clemens I |
Opvolger | Alexander I |
Gebore | 1ste eeu Betlehem, Palestina |
Sterf | 105 Rome, Italië |
Evaristus,[1][2] was die vyfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk, en het regeer van 98 tot 105. Sy voorganger was Pous Clemens I en sy opvolger was Pous Alexander I. Hy word ook Aristus genoem. Evaristus beteken ‘welgevallige’. Daar is maar min oor hom bekend. Volgens die Liber Pontificalis[3] was hy van Griekse afkoms uit Antiogië, maar sy Joodse vader met die naam Judah, was uit Betlehem. Hy is tot pous verkies tydens die bewind van keiser Domitianus.
Evaristus[4] was die grondlegger van die kollege van kardinale, die liggaam wat later verantwoordelik sou word vir die verkiesing van pouse. Hoewel ongegrond, word hy as martelaar vereer. Evaristus is heilig verklaar deur die kerk en sy feesdag is 26 Oktober.
Verwysing
[wysig | wysig bron]- ↑ Evaristus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Kirsch, J.P. (1909). Pope St. Evaristus. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 31 Oktober 2014 by New Advent: [1]
- ↑ Loomis, Louise R. (1874 vertaling) The book of the popes (Liber Pontificalis) bl. 50. New York, University of Columbia Press. Augustus 1997.
- ↑ Artaud de Montor, Alexis F., Chévalier de, "The lives and times of the popes to 1003". (vertaal vanaf "Les vies des papes") bl. 27 The Catholic Publication Society of America, New York. 1911.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01798-0
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pous Evaristus.
Voorafgegaan deur Clemens I |
Biskop van Rome 98 – 105 |
Opgevolg deur Alexander I |